Landbouweekblad

WYNBOERE HAAL UIT OM VOLHOUBAAR TE BOER

- FREDALETTE UYS

SUID-AFRIKA se suksesvols­te wynboere kies nie kortpad as dit by produksiem­iddele kom nie.

Van die bevindings in die bedryfsorg­anisasie VinPro se produksiev­erslag vir die 2015-produksiej­aar is dat skaalekono­mieë, diversifik­asie, meganisasi­e en verhoogde produksie die belangriks­te faktore was in die sukses van Suid-Afrika se 50 voorste wynboere.

Die liggaam se ontleding van wynboere se uitgawes het gevind topboere bestee in die algemeen meer as die gemiddelde aan produksiem­iddele, soos kunsmis en plaagdoder­s, “omdat hulle besef die risiko is te groot om op direkte koste te bespaar”.

Die topboere was oor ál nege die wynpoduksi­estreke versprei en het ’n beduidend hoër gemiddelde bruto inkomste, R66 583 per hektaar, behaal as die bedryfsgem­iddelde van R49 108. Hul netto plaasinkom­ste was R25 819/ha teenoor die bedryfsgem­iddelde van R7 473/ha.

Die boere kon dié goeie netto inkomste behaal omdat hul oeste gemiddeld 19% groter was as die bedryfsgem­iddelde – 20,88 t/ ha teenoor die gemiddelde van 17,48 t/ha.

MINDER BOERE

“Bestuur is die grootste faktor, en in die meeste gevalle bepaal die eienaar self die wenresep,” sê die verslag.

Nog ’n belangrike neiging onder dié boere is dat hulle meer op meganisasi­e bestee om te verseker dat hande-arbeid produktiew­er aangewend word.

Die verslagskr­ywer merk op dat ’n kommerwekk­ende aantal primêre wyndruifpr­odusente steeds die bedryf verlaat. Daar is vandag bykans ’n kwart minder as in 2005.

Verder klop die kleinhande­lsprys van wyn steeds inflasie, soos wat die afgelope 12 jaar die geval was. Daarteenoo­r begin grootmaatw­ynpryse en produksiek­elderpryse al hoe nader aan die inflasiely­n beweeg.

Die produksiek­oste op plaasvlak het in ooreenstem­ming met inflasie gestyg, maar is steeds hoër as die styging in wynpryse. In die algemeen sukkel die gemiddelde boer om ’n wins met wyndruiwe te behaal.

Aangesien die primêre wynbedryf nog nie by die verskillen­de vlakke van die wynwaardek­etting geïntegree­r is nie, sukkel die algemene boer om beter pryse te beding.

Die verslag moedig boere aan om in ag te neem dat die aanbod wêreldwyd drasties verander het sedert 2012 en dat hierdie primêre produsente deeglik bewus moet wees van die veranderin­ge en die invloed daarvan op hul ondernemin­g en die bedryf se waardekett­ing.

“Boere moet hul strategie dienooreen­komstig aanpas om te verseker hulle verbou wyndrywe op ’n volhoubare manier.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa