Landbouweekblad

DIÉ BOER HET’NPLAN

Mnr. Mike Mlengana, die voorsitter van Afasa (African Farmers’ Associatio­n of South Africa), is verlede week as direkteur-generaal van Landbou, Bosbou en Visserye aangewys. Hy is die ANC-regering se eerste DG vir landbou watook’nboeris,enhetmet gesels oor

-

en word net naweekplas­e waar mense bymekaarko­m om te braai.

Wat die kommersiël­e landbou betref, moet ons sekerheid vir boere skep sodat die kommersiël­e landbou nie agteruitga­an nie.

Daar moet ook sekerheid oor verblyfreg wees. Daar moenie ’n situasie ontstaan waar boere voel hul plase kan môre weggeneem word nie. Hulle moet in hul plase kan belê.

Tweedens moet daar veiligheid langs die landsgrens­e wees. Boere op grensplase word bedreig en besteel.

Omdat boere bang is vir minimum lone, neem hulle soms buitelande­rs in diens, wat ook soms vir hulle ’n bedreiging word. Die Regering moet verstaan wat boere se huidige en toekomstig­e behoeftes is – daarom moet hulle ’n vennootska­p vorm. Daar moet vertroue in die sektor geskep word. Die Regering moet wys dat hy die sektor steun en groei wil aanmoedig.

Daarom kan daar nie eensydige besluite wees nie. Daar moet deurentyd met mekaar gepraat word. As daar by boere onsekerhei­d is, skep dit vrees. Boere moet weet wat die onteiening­swetgewing se bedoeling is en dat dit op ’n beskaafde manier hanteer sal word.

Terselfder­tyd moet daar van die boere se kant af ook toenaderin­g gesoek word. Hoekom kyk ons nie of elkeen ’n stukkie grond wat in onbruik is, kan afstaan vir hervorming nie? Al is dit net om te wys ons is nie teen veranderin­g gekant is nie. Só kan vertroue tussen kommersiël­e boere en kleinboere geskep word. die Eenheidsfo­rum vir die Landbousek­tor (Asuf) stem ons dikwels saam oor hierdie kwessies.

Asuf is juis op die been gebring om gemeenskap­like gronde te soek oor kwessies wat almal raak, soos die droogte en voedselsek­erheid. Die eerste stap is om deur goeie leierskap die spangees ’n hupstoot te gee. Die volgende stap is om na elke pos se vereistes te kyk en seker te maak dit word deur mense met die regte vaardighed­e behartig.

Derdens moet ons kyk na wat nodig is om ongekwalif­iseerde ouditversl­ae te verseker. Daar mag nie elke jaar probleme met finansies wees nie. Daar moet goeie bestuur wees; dinge moet reg gedoen word.

Daar is baie goeie mense in die departemen­t, maar hulle word nie altyd reg aangewend nie. Ek sal probeer om die leierskap te voorsien, maar dit is die personeel wat vir die uitvoering verantwoor­delik is.

Alles moet gemik wees op uitvoering en spanwerk en ek kan jou verseker ons gaan monitor en meet of ons ons doelwitte behaal.

Ek sien myself nie as ’n nuwe besem wat net wil gaan skoonvee nie, maar ek wil sien wat die afgelope vyf jaar gewerk en nie

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa