Landbouweekblad

Mnr. Johannes Möller,

-

voorsitter van Agri SA, sê die organisasi­e verwelkom Mlengana se aanstellin­g, ofskoon hulle ook met die waarnemend­e direkteurg­eneraal, mnr. Mortimer Mannya, oor die weg gekom het.

Hy sê Mlengana moet dit oorweeg om sy bestuurspa­n gereeld met die georganise­erde landbou te laat vergader ten einde “meer formeel oplossings vir die probleme op die tafel” te kry. Volgens Möller is Mlengana baie pragmaties en is dit wat die landbou nodig het.

Veral nou, met die droogte wat die landbou ’n erge knou toegedien het, is dit ’n moeilike tyd om die leisels oor te neem. Agri SA sal Mlengana ondersteun en die nodige bystand lewer sodat hy suksesvol kan wees.

Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, sê Mlengana se kwalifikas­ies, werk en leierskap spreek vir hulself. Hy beskik oor uitgebreid­e leierskaps­ervaring in die openbare en private sektor.

“Gedurende die onderhoude het Mlengana die onderhouds­paneel gewys dat hy uitstekend­e insigte en ’n diepgaande begrip van die landbou-, bosbou-, en visseryese­ktor as ’n geheel het. Dit behels die sektor se mandaat, dinamika en probleme, asook die gebiede wat dringend getransfor­meer moet word.”

Zokwana sê die onderhouds­paneel het eenparig besluit om Mlengana as direkteur-generaal aan te stel vanweë sy bevoegdhei­d en daarom het die Kabinet hierdie aanstellin­g onderskryf. – Beriggewin­g deur JOYLENE VAN WYK

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa