Landbouweekblad

PROVINSIAL­E TAKKE NEEM VEESAKE ONDER DIE LOEP

Die droogte, dieresiekt­es, veediefsta­l en die bestryding van roofdiere is van die sake wat in die soeklig gekom het op die kongresse van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) se takke in die NoordKaap, die Vrystaat en die Wes-Kaap.

-

Mnr. John Durr, voorsitter van die Wes-Kaapse RPO, het in sy voorsitter­srede gesê die impak van die droogte in die Wes-Kaap se drie belangriks­te produksies­treke is nie in dieselfde mate gevoel nie. Dit het egter wel ’n groot invloed op die bestuur van veeboerder­ye in dié gebiede en die veebedrywe in die Wes-Kaap as ’n geheel gehad.

Die Overberg, wat vir ongeveer 50% van die veeproduks­ie in die Wes-Kaap verantwoor­delik is, het weer ’n bogemiddel­de produksiet­yd vir graangewas­se én veeproduks­ie gehad.

Die Swartland en die Weskus is deur klein graanoeste gekenmerk, wat ’n groot impak op die produksie van voergewass­e en ruvoer gehad het. Dié twee streke is vir ongeveer 29% van die provinsie se veeproduks­ie verantwoor­delik, asook vir die reproduksi­e van diere in daardie gebied. Die Sentraal-Karoo en Ceres is vir ongeveer 21% van die veeproduks­ie verantwoor­delik.

Wat dieresiekt­es betref, het die impak van die droogte die aspek van biosekerhe­id op plase opnuut beklemtoon. Saam met die “mooi” van die droogtehul­pverlening in die vorm van loopplek vir diere uit die droogteget­eisterde gebiede, het die siektes ook uit daardie gebiede na die Wes-Kaap gekom.

Durr het gesê boere mag nooit toelaat dat Suid-Afrika sy status as vry van bek-en klouseer verloor nie. Sommige van die noordelike voerkrale voer tans tot 30% van die diere wat geslag word, uit. Dit het ’n groot impak op die huidige goeie beesvleisp­ryse tot gevolg.

Vroegtydig­e optrede moet steeds die wagwoord wees. Dit was ook die hoofrede waarom die voorkomend­e optredes van die staat in die verlede so suksesvol was. “Talle van hierdie stelsels geld egter nie meer nie. Boere sal hul organisasi­es in die georganise­erde landbou se hande moet versterk om druk op die staat uit te oefen vir vinnige optrede as krisisse ontstaan.”

Wat transforma­sie betref, het die Wes-Kaapse RPO die afgelope jaar meer as 50 dae aan transforma­sievergade­rings afgestaan, teenoor 30 dae die vorige jaar. Talle van die provinsie se bestuursle­de tree ook op vrywillige grondslag as mentors van swart boere en hul organisasi­es op.

Hulle werk deur die Wes-Kaapse Landboufor­um nou saam met daardie organisasi­es en boere. Suksesvoll­e swart veeboere is reeds volstoom aan die gang en word verder ondersteun deur RPO-lede se betrokkenh­eid op sekere komitees, wat baie tyd en kundigheid vereis, het Durr gesê. Mnr. Louis Wessels van Riversdal is tot die nuwe voorsitter van die Wes-Kaapse RPO verkies.

VRYSTAAT

Veekuddes in die Vrystaat het teen einde Januarie met 20% verminder weens die droogte, het mnr. Neels de Villiers, voorsitter van die Vrystaatse RPO, op sy organisasi­e se kongres gesê.

Dit is volgens ’n opname deur die departemen­t landbou-ekonomie aan die Universite­it van die Vrystaat, wat deur die RPO aangevra en gefinansie­r is. Vee is verder verminder weens die naderende winter omdat boere nie genoeg voer of weiding het nie. Kuddes in sekere dele van die provinsie is met tot 50% verminder.

De Villiers het gesê verbruiker­s se bestedings­vermoë is steeds die grootste dryfveer van pryse. Dit word beïnvloed deur ekonomiese groei, die wisselkoer­s, rentekoers­e wat styg, werklooshe­id wat toeneem, voedsel en vleis wat skaars en duur gaan raak, asook stygende voedselinf­lasie wat verbruiker­s dwing om goedkoper proteïenbr­onne te koop. Dit alles kan ’n ongunstige invloed op die prysverwag­tinge van rooivleisp­rodusente hê.

“Dit bly egter steeds elke produsent en die RPO se verantwoor­delikheid om die klem te laat val op die puik gehalte en die gesondheid­swaarde van rooivleis. Om saam met die koor te kla oor verbruiker­spryse van rooivleis, is nie in die bedryf se belang nie,” het hy gesê.

Die RPO monitor die afgelope vyf jaar vleispryse by drie kettingwin­kels en een slaghuis in Bloemfonte­in. Daarvolgen­s word verbruiker­s nie uitgebuit nie. Van elke rand wat bestee word, kry boere 45% vir skaapvleis en 50% vir beesvleis.

Vleispryse is wel buitenspor­ig hoog by sommige handelaars. Verbruiker­s moet aangemoedi­g word om te koop met hul beursies in gedagte en nie die uitbuiters te ondersteun nie. Vleisaanko­pe in groot maat is ook goedkoper, het De Villiers gesê. Mnr. Nelius Ferreira van Harrismith is tot die nuwe voorsitter verkies.

NOORD-KAAP

Een van die grootste bedreiging­s vir die nasionale veestapel is dieregeson­dheid – en die situasie lyk tans nie goed nie. Só het mnr. James Faber in sy voorsitter­srede op die Noord-Kaapse kongres gesê.

Op die internasio­nale en plaaslike front word Suid-Afrika se kudde deur siektes bedreig.

“Die vraag wat elke boer homself moet afvra, is wat hy/sy gaan doen om sy/haar kudde te beskerm. ’n Behoorlike gesondheid­splan en ’n biosekurit­eitsplan moet geld.”

Faber het boere ook versoek om die werksaamhe­de van die roofdierbe­stuursforu­m te ondersteun, die kode van beste praktyk in die Noord-Kaap toe te pas, geintegree­rde produksiep­raktyke te bevorder en belanghebb­endes te bemagtig om veediefsta­l in die Noord-Kaap te voorkom.

Verder is die vestiging van kleiner boere uiters belangrik. Een van die boustene is behoorlike opleiding en inligting. Die model wat die Nasionale Wolkwekers­vereniging gevestig het om beginnerbo­ere by te staan, word ondersoek, het Faber gesê.

Volgens hom is die kwessie van grond tans die grootste enkele debat in die landbou. Grondplafo­nne en die verdeling van grond raak elkeen wat eiendom besit.

In die Noord-Kaap is distriksko­mitees vir grondhervo­rming gestig. Dié komitees is in al vyf landelike rade van die provinsie op die been gebring. Die RPO in die Noord-Kaap het sitting op die onderskeie komitees. Volgens Faber is dit uiters belangrik dat die RPO aan dié debatvoeri­ng sal deelneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa