Droogte,invoer knouvleispryse
Aan die een kant dwing die droogte in Suid-Afrika boere om soveel moontlik van hul diere te laat slag. Aan die ander kant word baie vleis ingevoer. Voer gaan ook lank duur bly. Dié faktore knou almal vleispryse in Suid-Afrika.
Daar is tans talle gesprekke oor die rooivleisbedryf se vooruitsigte vir die volgende paar jaar. Danksy die bietjie laat reën in sommige weidingsgebiede voor die winter meen party mense daar is genoeg weiding om veeboere deur die winter te help tot die volgende groeityd. Dit is ’n fout; die probleme kom nog.
Dan is daar mense wat nie besef nie dat Suid-Afrikaners tot in Junie/Julie volgende jaar sal moet wag voor mieliepryse met die volgende oes kan daal. Daar sal dan eers weer ’n kans wees om diere winsgewend te kan voer. Party mense praat van groot prysstygings, ongeag die huidige stand van die ekonomie, met verbruikers se beursies wat ál dunner raak.
As ’n mens sinvol oor die vooruitsigte wil praat, moet jy eers na die groter prentjie kyk.
STAND VAN DIE EKONOMIE
Ekonomiese groei is in ’n afwaartse spiraal. Die jongste syfers toon die ekonomie het in die eerste kwartaal vanjaar met 1,2% gekrimp. Die kans is dus goed dat die ekonomie vanjaar in ’n resessiefase sal wees. Verbruikers se geld gaan minder wees en werkloosheid (én misdaad) meer.
GRAFIEK 1 toon die ekonomiese groeikoers op ’n kwartaallikse grondslag vir die laaste vyf jaar. Die dalende neiging is duidelik.
Die inkrimping oor ’n wye grondslag aan die produksiekant van die ekonomie is kommerwekkend. Dit strek van die landbou, mynbou en vervoer, die opberging van goedere tot selfs kommunikasie (selfone). Alles dui daarop dat die probleem wyer strek en dat die jaar taai gaan wees.
Besteding in die ekonomie het in die eerste kwartaal met 0,7% gekrimp. In die verlede is gevind dat as die ekonomie in ’n daalfase is en verbruiksbesteding nie groei nie, die kans op stygings in vleispryse skraal is. Verbruikers se besteebare inkomste gaan nie gou styg nie. Hou stygende vervoerkoste, duurder elektrisiteit en voedselpryse, en ’n moontlike rentekoersverhoging later vanjaar in gedagte. KORTOM
■ Ekonomiese groei is in ’n
afwaartse spiraal. ■ Verbruikers se beursies raak ál platter. ■ Vleispryse sal waarskynlik nie styg nie, onder meer weens baie ingevoerde vleis wat Suid-Afrika instroom.
Die vraag is nou: Op grond waarvan gaan verbruikers bereid wees om meer vir rooivleis te betaal? Dit is veral as ’n mens in ag neem dat die invoer van relatief goedkoop vleis (rooivleis en hoender) van ’n laer gehalte die Suid-Afrikaanse mark tans vinnig binnestroom.
Die ekonomie gaan na verwagting heeljaar onder druk bly. Dit sal daarvan afhang of die Regering bereid gaan wees om ernstige beleidsaanpassings te maak om ekonomiese groei te stimuleer. Indien wel, gaan dit tyd kos om vastrapplek te kry en vertroue te herwin.
Die Reserwebank gaan nog vir ’n jaar of wat ’n streng monetêre beleid volg; rentekoerse gaan hoog bly en krediet sal skraps wees. Die staatskas is leeg en die staat volg ’n beperkende fiskale beleid, wat hoër belastings en minder staatsbesteding meebring. Dit maak die gewone verbruiker se beursie ook platter.
ROOIVLEIS-AANBOD
Die kuddesyfers van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye dui op ’n daling
GRAFIEK 1: KWARTAALLIKSE EKONOMIESE GROEI EN PRIVATE VERBRUIKSBESTEDING in bees- en skaapkuddes oor die laaste drie jaar. Onthou, die rekordlae reënval van laas jaar het al in baie gebiede ’n aanloop van sowat drie jaar met ondernormale reënval gehad. Laas jaar was die droogste jaar sedert reënvalsyfers aangeteken word. Die droogte het in die eerste helfte van vanjaar voortgeduur.
Verskeie aanwysers en terugvoering van veeboere dui aan dat teelkuddes baie kleiner is as twee tot drie jaar gelede. In baie streke is teelkuddes glo gemiddeld 45% van “normaal”. Voeg daarby die feit dat voerkrale sê byna die helfte van die speenkalwers wat hulle nou inneem, is verse. Dit beteken in die volgende twee tot drie jaar gaan daar nie genoeg speenkalwers op die mark kom nie. Dit gaan glo ook moeiliker wees om speenkalwers uit Namibie in te bring, wat sake ongemaklik maak.
Natuurlik sal die eerste reaksie wees dat dit goed sal wees, want dan moet voerkrale meer vir speenkalwers betaal. Ongelukkig is die som nie so eenvoudig nie.
Feitlik alle intensiewe veeproduksiestelsels (insluitend beesvoerkrale) maak tans ’n verlies. Die voermarges is negatief vir alle intensiewe bedrywe. Kyk na GRAFIEK 2 en GRAFIEK 3 wat eerstens toon hoe die voermarges van beesvoerkrale (voer-vleisprys-verhouding) en ook dié van varkboere bly daal. Hoenderboere se som lyk dieselfde.
Die somme van ’n voerkraal is bekend. Teen die huidige prysverhouding maak ’n normale beesvoerkraal ’n verlies van R300 tot R400 per speenkalf.
Twee aspekte kan dié som omkeer. Eerstens moet die verkoopprys van vars vleis in Suid-Afrika kwaai styg. Tweedens moet die voerpryse in die volgende maande skerp daal. Mieliepryse gaan egter basies op die vlak van invoerpryse bly (R3 500-R3 800/ton) tot ’n groot genoeg mielie-oes in volgende jaar se winter gestroop word.
INVOER
GRAFIEK 4 toon die invoer van bees-, skaap- en hoendervleis op ’n maandgrondslag oor die afgelope twee jaar. Afgesien van die seisoenale aard daarvan, is dit ontnugterend om die syfers