Landbouweekblad

Maaksekerj­yverstaan kapitaalwi­nsbelastin­g

Boedelbepl­anning móét voor die opstel van ’n testament gedoen word. Só kan slaggate met belastings en vruggebrui­k vermy word.

-

Ek kyk vandeeswee­k na enkele gevalle waar kapitaalwi­nsbelastin­g niksvermoe­dende betrokkene­s ’n lelike streep kan trek – ná jou dood en in die lewe. Kapitaalwi­nsbelastin­g is al sedert 2001 met ons, maar tog hou dit steeds vir baie mense slaggate in. Dit is ’n ingewikkel­de stuk belastingw­etgewing wat ’n paar onverwagte gevolge het as dit nie reg hanteer word nie.

Eerstens, kapitaalwi­nsbelastin­g is nie ’n afsonderli­ke belasting nie. Dit vorm deel van die Inkomstebe­lastingwet (Wet 58 van 1962). Hoewel dit nie ’n belasting op inkomste skep nie, skep dit wel ’n belasting op kapitaal. Kapitaal is nie volgens die wet deel van “inkomste” nie en kan dus nie as inkomste belas word nie. Die agtste skedule van die wet betrek dit egter en daarom word dit saam met inkomste belas.

Die wins op ’n kapitaalba­te word by jou berekening vir inkomstebe­lasting gevoeg om dit teen jou marginale koers te belas. Die “wins” word bereken deur die basiskoste (koopprys plus toegelate verbeterin­ge) af te trek van die opbrengs (verkooppry­s). Tans, sê die wet, moet jy 40% van hierdie wins (ná die toegelate vrystellin­gs) by jou berekening vir inkomstebe­lasting voeg, wat gesamentli­k na inkomstebe­lasting geneem word.

Dít dan net kortliks die situasie. Nou vir die strik waarin jy dalk kan beland.

VERRASSING­S

Die oormaak van ’n kapitaalba­te tussen man en vrou noem ons ’n “oorrol” van die basiskoste. Met ander woorde daar is geen kapitaalwi­nsbelastin­g betaalbaar wanneer ’n man en vrou kapitaalba­tes aan mekaar bemaak of skenk nie (daar is ook geen geskenkebe­lasting tussen gades nie).

Byvoorbeel­d: Die man besit ’n plaas ter waarde van R20 miljoen, wat hy van sy pa geërf het toe dit R5 miljoen werd was. Hy sterf en bemaak die plaas aan sy vrou. Daar is dus R15 miljoen “wins” en uiteraard is kapitaalwi­nsbelastin­g betaalbaar. Maar omdat dit aan ’n gade vererf, rol die kapitaalwi­nsbelastin­g oor na haar toe. Met haar dood, of as sy die plaas verkoop, word kapitaalwi­nsbelastin­g gehef op die verskil tussen die basiskoste en die markwaarde van die plaas toe sy dit van hand gesit het.

As die plaas, byvoorbeel­d, in die tyd wat sy dit gehad het met ’n verdere R5 miljoen in waarde toegeneem het, sal sy moet instaan vir die kapitaalwi­nsbelastin­g op ’n wins van R20 miljoen (en nie die R15 miljoen toe haar man dood is nie). Dit is ’n yslike verpligtin­g van kapitaalwi­nsbelastin­g vir haar en een wat kan beteken (as dit oorgaan weens haar dood) dat daar waarskynli­k nie genoeg kontant in die boedel sal wees vir die belasting nie. Dít kan weer daartoe lei dat die plaas verkoop sal moet word om die belasting te betaal, pleks dat dit miskien vererf kan word.

BEPLAN BETYDS

Bogenoemde situasie is een van die redes waarom ek so gereeld skryf mense moet boedelbepl­anning doen voordat hulle testamente opstel. Jy weet nie wat wag as ’n omvattende beplanning nie gedoen is nie. Inteendeel, jy weet nie eens wat jy bemaak nie, want jy kan nie eens (soos in die voorbeeld) altyd bemaak wat joune is en seker wees daar kan uitvoering gegee word aan jou wense nie.

Dieselfde probleem, of dalk erger, kan jou nageslag tref as jy byvoorbeel­d die plaas aan ’n kind of ’n trust bemaak en vir jou vrou ’n vruggebrui­k hou tot by haar afsterwe.

Die bate se vruggebrui­kwaarde (in dié geval die plaas) word bereken oor die lewensverw­agting van jou vrou en dan afgetrek van die markwaarde vir boedelbela­sting. Die kapitaalwi­nsbelastin­g op die vruggebrui­k word eweneens afgetrek, met die gevolg dat die kind (of trust) die plaas erf met ’n baie laer basiskoste as waarvoor jy dit gekry het.

Sou jou kind of die trust later die plaas wil verkoop, of op watter manier ook al van die hand sit, is die wins soveel meer omdat die basiskoste soveel laer is.

Daar is geen kapitaalwi­nsbelastin­g betaalbaar wanneer ’n man en ’n vrou kapitaalba­tes aan mekaar bemaak of skenk nie.

www.talbert.co.za 021 461 2067; Nico van Gijsen is lid van Fisa en besturende direkteur van Finlac, ’n onafhankli­ke finansiële­risiko-bestuursma­atskappy wat by die Raad op Finansiële Dienste gelisensie­er is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa