Landbouweekblad

NUWE RIGLYNE VIR BEMESTING IN WINGERD

- — LUCILLE BOTHA

Vir die eerste keer sedert 1994 het ’n handleidin­g met bemestings­riglyne vir die wynbedryf die lig gesien. ’n Paneel bestaande uit grond-, bemesting- en wingerdbou­kundiges het saamgewerk om algemeen aanvaarde riglyne vir wingerd in Suid-Afrika in ’n maklik verteerbar­e formaat – met pragtige kleurfoto’s – saam te vat.

Die boek, Bemestings­riglyne vir die wynbedryf, is deur mnr. Braham Oberholzer, grondkundi­ge by VinPro, saamgestel en deur Winetech en Villa Crop gefinansie­r.

Volgens mnr. Francois Viljoen, bestuurder van wingerdbou­kundige dienste by VinPro, het wingerdbou­kundiges in die laat 1980’s groot meningsver­skille oor die bemesting van wingerd gehad. Dit het gelei tot ’n werkgroep waar wingerd-, landbou- en bemestingk­undiges hul riglyne vir wingerdbem­esting in Suid-Afrika neergepen het. Dié handleidin­g het in 1994 verskyn en die afgelope twee dekades ’n goeie grondslag vir die bedryf gebied. Danksy nuwe kennis en tegnologie was die tyd egter weer ryp vir nuwe riglyne.

Basiese beginsels oor grondontle­dings, chemiese regstellin­gs tydens grondvoorb­ereiding, onderhouds­bemesting, tipes bemesting en toediening­spraktyke en die verwantska­p tussen die voedingsto­fstatus van ’n wingerd en die wyngehalte daarvan word aangeroer.

Die nuwe boek se afdeling oor spooreleme­nte is maar net een van die hoofstukke wat aangevul is.

Mnr. Dawid Saayman, ’n konsultant wat voorheen vir Distell gewerk het, sê in die 1990’s het kopervoedi­ng vir wingerd nie juis aandag geniet nie omdat daar nie verslae oor kopertekor­te bestaan het nie. Die nuwe handleidin­g bespreek nou norme vir die koperinhou­d in blare en stele volledig.

Die boek gee ook omvattende en praktiese raad om grond- en blaarmonst­ers te neem wat sal verseker dat laboratori­ums volledige ontledings kan doen. ’n Interessan­te afdeling is oor die neem van monsters in klipperige grond. In die Wes-Kaapse wynbedryf kom gruis, klip en skalie algemeen wyd voor. Hoewel sommige laboratori­ums nie vir klipfraksi­e toets nie, of boere dikwels nie die volume groot spoel- of rivierklip­pe in ’n blok meld nie, kan die voorkoms van klippe ’n beduidende invloed op die kunsmisaan­beveling (die bepaling van die gips-, kalk-, kalium- en fosfaatbem­estingsbeh­oeftes) hê.

Volgens een van die medeskrywe­rs, mnr. Bennie Diedericks van Resalt Agricultur­al Systems and Strategies, het die basiese bemestings­beginsels nie verander nie, hoewel daar gereeld nuwe produkte verskyn.

“Wat wél verander het, is die praktyke, toediening­smetodes en meetmetode­s.”

Saayman sê die norme in die boek is “relatief konserwati­ewe, maar bewese norme” waaroor al die kenners ná vele bespreking­s ooreengeko­m het.

“Dit kan op die oog af verskil van ander lande en bedrywe, maar wingerdboe­re kan vertroue hê in die norme wat ons daarstel. Ons begin met ’n riglyn – laer is altyd veiliger – en jy kan jou program aanpas na gelang van die werklikhei­d in die veld. Dís hoe ’n mens die boekie moet hanteer.”

 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? Die nuwe bemestings­handleidin­g vir die wynbedryf.
FOTO: LUCILLE BOTHA Die nuwe bemestings­handleidin­g vir die wynbedryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa