Landbouweekblad

R21 SE HUUR PER JAAR VIR WALLIESE PLAAS

-

’n Walliese plaas ter waarde van meer as R23 miljoen, met ’n skaapkudde van 500 diere, word aan ’n huurder aangebied wat in die eerste tien jaar net 1 Britse pond (sowat R21,70) per jaar sal betaal.

Die Verenigde Koninkryk se nasionale trust sê ook enige wins wat die huurder op die 344 ha maak, kan hy of sy hou.

Daar is egter ’n belangrike voorwaarde: Enige boer wat die grond huur, moet só boer dat die natuurlewe en landboupro­duksie daarop herstel word. Die plaas, Parc Farm, is deel van ’n kosbare, kwesbare landskap, die Great Orme, in Llandudno, Noord-Wallis, wat die trust wil help bewaar.

Dit kyk oor die Ierse See uit, en omvat kalkgrond en plant- en diersoorte wat nêrens anders op aarde voorkom nie. Dié soorte se voortbesta­an vereis ’n nuwe manier van boerdery wat in pas met die natuurlike omgewing is.

Die trust het Parc Farm verlede jaar gekoop met die oog op die bewaring van hierdie unieke landskap. Tydens hul geldinsame­ling het duisende mense tot die koste van £1 miljoen (byna R22 miljoen) bygedra.

“Tensy ons nie ’n baie spesifieke weiprogram volg nie, sal hierdie baie kwesbare habitat nooit herstel nie,” sê mnr. William Greenwood, hoofbestuu­rder van Great Orme.

Die trust is dus nou op soek na die regte mens om die plaas te huur en wat sal verseker dat die omgewing herstel en die natuurlewe weer floreer.

Dit sal onder meer tradisione­le boerderyme­todes insluit, soos lang dae waarin die skape oor moeilike, rotsagtige terrein aangekeer moet word.

Die produktief­ste weiding op die plaas moet minder bewei word, en dié dele wat minder landboupro­duktief is, moet meer bewei word.

Tans is die taaier grasse op die plaas te hoog, wat die habitat vir natuurlewe inperk.

“Ons soek na ’n huurder wat ’n produktiew­e plaas as een beskou wat bewaringsv­oordele én goeie, gesonde kos produseer,” sê William. —ALANHARMAN

 ?? FOTO: BLACK STRIPE ?? Die kalkhange van die Great Orme-gebied in Wallis, waar die nasionale bewaringso­rganisasie nou ’n plaas teen R21 per jaar te huur aanbied, met die voorwaarde dat die natuurlewe daarop herstel word.
FOTO: BLACK STRIPE Die kalkhange van die Great Orme-gebied in Wallis, waar die nasionale bewaringso­rganisasie nou ’n plaas teen R21 per jaar te huur aanbied, met die voorwaarde dat die natuurlewe daarop herstel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa