Landbouweekblad

WAT IS DIE ONONTBEERL­IKSTE TEGNOLOGIE OP KERRERA?

-

Die internet. Ek kuier graag op oorsese netwerke en volg blogs oor enige aspek van boerdery, veral saaiboerde­ry. Ek is ’n groot aanhanger van geenbewerk­ing.

SÓ HET HANDRÉ EL NIÑO GESYSTAP

■ Grondvoorb­ereiding. Hoewel Handré hoofsaakli­k strookbewe­rking op Kerrera toepas, is hy stelselmat­ig besig om na geenbewerk­ing oor te skakel. Hy sê met strookbewe­rking beloop die kilowattve­reiste slegs 0,5 kW/ha en die algehele dieselverb­ruik tot strooptyd 17 liter/ha.

Hy het sy lande teen middel Oktober met 2 liter Roundup Turbo per hektaar en ammoniumsu­lfaat bespuit en nadat die eerste 15 mm reën geval het strookbewe­rking op die lande toegepas. Die eerste mielies is gedurende die eerste week van November geplant. Normaalweg plant hy al sy lande binne 2-3 weke, maar weens die droogte het hy dit hierdie seisoen tot ’n week voor Kersfees versprei.

■ Bemesting. Die Omnia-mengsel 7:15:7 (29) is met die planter teen 250 kg/ha (droëland) en 300 kg/ha (besproeiin­g) gebandplaa­s. Ná opkoms is Solical N (33) teen 150 kg/ha uitgestroo­i en tussen die vyf- en sesblaargr­oeistadium is 5:0:1(40)+S teen 250 kg/ha op die droëlande uitgestroo­i en 300 kg/ha vir die lande onder besproeiin­g. Die algehele makroplant­voeding vir die seisoen vir die lande wat besproei is, het 200 kg stikstof, 45 kg fosfor en 44 kg kalium per hektaar beloop en op die droëland 140 kg stikstof, 30 kg fosfor en 33 kg kalium per hektaar.

■ Onkruidbes­tryding. Handré sê uintjies in ’n land kan selfs meer skade as ’n droogte aanrig. Weens die droogte was van die onkruiddod­er wat vóór en ná planttyd toegedien was, nie baie doeltreffe­nd nie. Sy spuitprogr­am teen onkruid is normaalweg die Synpack van Syngenta, maar hierdie seisoen het hy ’n effens goedkoper program vir die vooropkoms­bestryding van onkruid gevolg. Dit het bestaan uit Supranex (1,5 liter/ha), Mesoflex (200 ml/ha) en Guardian (500 ml/ha). Al die lande is vroeg in die seisoen met Roundup skoongemaa­k. ’n Tweede bespuiting net ná opkoms is met Roundup Powermax (2 liter/ha), Harness (1 liter/ha) en Mesoflex (200 ml/ha) gedoen.

Om blaarsiekt­es te bekamp, het hy die eerste bespuiting met Abacus of Amistar op die vyf- tot agtblaar-groeistadi­um gedoen en dit 28 dae later net vóór bestuiwing opgevolg.

■ Pakket. Handré se mieliepakk­et het bestaan uit die Monsanto-kultivars DKC73-74BR op 320 ha, DKC73-76R op 55 ha en DKC71-44B op 15 ha, die Pioneerkul­tivar Phb 33H54BR op 100 ha en die kultivar KKS 8214 R van Klein Karoo Saad Bemarking op 15 ha. Omdat die Phb 33H54BR kleiner blare het, het dit vanjaar se droogte in sekere lande beter deurstaan as die Monsanto-kultivars wat breë blare het en tydens die intense hitte, selfs onder besproeiin­g, sonbrand opgedoen het.

Handré meen daar is nie ’n enkele kultivar wat op al die lande gaan deug nie. “Jy moet ’n goeie kennis van jou grond hê. Op marginale lande het ek gevind dat DKC7374BR en DKC73-76R beter gepresteer het, terwyl Phb 33H54BR weer beter op hoëpotensi­aallande gepresteer het.’’

 ??  ?? BO: Ten spyte van die droogte kan mnr. Handré Schoeman vanjaar ’n beter inkomste uit sy mielies verdien as verlede jaar.
BO: Ten spyte van die droogte kan mnr. Handré Schoeman vanjaar ’n beter inkomste uit sy mielies verdien as verlede jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa