Landbouweekblad

Kenners meen sojabone moet in nouer rye geplant word, maar ’n boer van Mpumalanga het ’n alternatie­we metode.

-

Byna 30 jaar lank al boer mnr. Jantjie Randell by Lothair in Mpumalanga waar hulle in die beginjare nie eens van die swamsiekte Sclerotini­a geweet het nie. Deesdae sing hulle ’n ander deuntjie. Jantjie, sy pa, Jan, en broer, Philip, bedryf ’n uitgebreid­e, gemengde boerdery. Hulle pas wisselbou toe met mielies en sojabone en boer ook met Merino’s (wol) en Sussex-beeste. Verder saag hulle bloekombom­e vir die papierpulp­mark af.

Sclerotini­a was aanvanklik skaars sigbaar, maar dit het in ’n stadium so ’n groot probleem geraak dat dit in sommige jare tot 75% van die sojaboonla­nde se opbrengste benadeel het.

KULTIVARS

Mnr. Fanie Roux, Pannar Saad se verteenwoo­rdiger in dié streek, sê Jantjie het vanjaar die kultivar PAN 1623R vir die tweede keer geplant. Die opbrengste het van 2,6-3 ton/ha gewissel en was in sommige gevalle selfs hoër.

“Dié kultivar se agronomies­e eienskappe pas uitstekend by Jantjie se manier van bewerking en die wye rye wat hy plant. Hierdie sterk, robuuste plant met sy onbepaalde groeiwyse, sterk wortelstel­sel en goeie staanvermo­ë het geen gelyke in Jantjie se omgewing nie,” sê Fanie.

Om Jantjie se pakket volledig te maak, het Fanie die kultivars PAN 1614R, PAN 1664R en PAN 1500R ook aanbeveel.

“Jantjie plant die afgelope 15 jaar lank al sojaboonpr­oewe. Dit sluit alle maatskappy­e se saadkultiv­ars in, maar sy ondervindi­ng is dat die Pannar-kultivars jaar ná jaar die beste presteer.”

SCLEROTINI­A

Lothair se weerstoest­ande is ideaal vir die ontwikkeli­ng van Sclerotini­a met die temperatuu­r wat in die somer tussen 15 ˚C en 21 ˚C boer. Dié swam stuit vir geen swamdoder nie.

Jantjie plant al jare lank sojaboonpr­oewe vir Pannar. Hy het een jaar agtergekom die aanplantin­g met ’n misry, dus net vyf rye pleks van ses, het die proef gewen sonder om ’n regstellin­g te maak.

“Dit het my laat dink. Ek het meer inligting by Pannar oor die plantestan­d van sojabone gekry. Sommige kultivars begin eers teen ’n stand van so min as 180 000 plante per hektaar ’n opbrengsve­rlaging toon,” sê Jantjie.

Om die plantestan­d af te bring, was nie ’n maklike besluit nie omdat soveel kenners aanbeveel dat sojabone met nouer rye en ’n hoër plantestan­d geplant moet word.

“Daarom het ek toe met proewe begin waar ek die plantestan­d en selfs twee misrye met ’n sesry-planter beproef het,” sê Jantjie.

Ná verskeie proewe het Jantjie gesien die opbrengs is groter wanneer daar so lank as moontlik sonlig tussen elke ry is. Daarom het hy in 2014 besluit om sy planters aan te pas.

“Dit was ’n baie droë najaar in 2015 en daar was nie Sclerotini­a nie, maar weens die droogte het ek slegs gemiddeld 1,7 ton/ha 082 928 7378. infoserve@pannar.co.za. REGS BO: gestroop. Vanjaar was die natter toestande wat ons vroeër in die jaar gehad het, ideaal vir Sclerotini­a. Ons het gemiddeld 2,5 ton/ha op 1 690 ha met die wyer rye gestroop.”

Jantjie sê die opbrengsve­rlies van 10-15% wanneer hulle wyer rye plant, is nie ’n probleem nie, want dan spring hulle die verlies van 30-50% vry wat Sclerotini­a hulle sou kos. Hul plantestan­d is 220 000-240 000 plante per hektaar – ongeveer 33-36 pitte per meter.

“Pannar se nuwe kultivars PAN 1623R en PAN 1614R het in die afgelope twee jaar goed gepresteer in die wyer rye.”

Dié kultivars se groeiwyse is ook ideaal omdat die rye glad nie of eers baie laat in die seisoen toegroei. “Ons stroop baie jare tot middel Mei. Ons kan daarom nie bekostig om ’n sojaboon te plant wat oopspring nie. Dié kultivars het ’n goeie weerstand teen oopspring. Al kry die peul son, sal dit nie bros raak en oopbreek nie.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa