Landbouweekblad

Teel jou eie Boran

Met min geld en in net 12 jaar het ’n KwaZulu-Natalse boer sy eie Boranstoet­ery van nuuts af opgeteel.

-

In 2004 het mnr. Pieter Genis van die Vryheid-omgewing in KwaZulu-Natal sy ganse kommersiël­e beesboerde­ry verkoop. Nadat hy twee Boranstoet­veilings bygewoon het, het die Boranbees sy belangstel­ling in ’n stoetboerd­ery van vooraf geprikkel. “Ek het besluit op die proses van opteling pleks van om geregistre­erde stoetdiere aan te koop. Deur opteling is dit moontlik vir enige jong en opkomende boer om suiwer Boranbeest­e te besit. Dit verg egter dissipline, geduld en uithouverm­oë,” sê Pieter.

“Diere wat vir jou omgewing aangepas is, beteken beter produksie en dat klimaatsve­randerings, soos droogtes, nie so ’n groot invloed op jou diere het nie.”

INVLOED VAN BUL

Met ’n beperkte begroting het Pieter 12 jaar gelede 60 A-generasie- Sanga-tipe verse van die Boranstoet­ery Elandsprui­t gekoop. Funksionel­e doeltreffe­ndheid was vir hom belangrik. Hy het verse geselektee­r met sterk bene en kloue, wye bekke, goeie bespiering en ’n vroulike bouvorm. Hy het ook ’n Boranstoet­bul volgens sy funksionel­e doeltreffe­ndheid en vleiseiens­kappe gekoop.

“In die begin het ek net een bul gebruik. Dis ’n waagstuk, want as die bul nie die gewenste resultate gelewer het nie, was die hele optelingsp­roses ’n generasie agter. Daarna het dit goed gewerk om ’n groot aantal aanteel van elke bul per jaar te kry. Ek kry tussen 30 en 60 kalwers per bul per jaar, wat die prys van ’n goeie stoetbul die moeite werd maak.

“’n Bul het ’n baie groot invloed op ’n kudde. Wanneer ’n bul nie die gewenste resultate lewer nie, moet jy hom en sy nageslag dadelik verkoop. Jy gaan nie daarby baat vind om die fout te probeer reg teel nie. Jy verswak net jou kudde se gehalte,” sê Pieter.

STOETMARK

Oor die afgelope 12 jaar het hy sy Borane as ’n kommersiël­e kudde bestuur. Hy het speenkalwe­rs verkoop om kontantvlo­ei te lewer. Hierdie kommersiël­e bestuur gaan voortduur selfs wanneer al sy opgeteelde koeie deur stoetkoeie vervang is.

Hoewel Pieter vanjaar sy eerste SP-geregistre­erde verse sal laat kalf, is daar volgens hom ’n lang pad wat voorlê voor sy stoetdroom verwesenli­k is, naamlik om PG’s Borans in ’n Boranstoet­ery te ontwikkel met uitstekend­e vleisbeese­ienskappe.

“Die beesbedryf in KwaZulu-Natal het die afgelope dekade baie verander, van die kommersiël­e stoetboer tot die kleinboer, wat hoofsaakli­k op die vlaktes en berge op staatsgron­d boer. Húlle soek funksionel­e beeste wat goed aangepas is in hul omgewing, met 082 899 1502, BO: HEEL LINKS: ONDER: ’n goeie loopvermoë, gehardheid, siekteweer­stand, vrugbaarhe­id en die vermoë om die natuurlike weiding so doeltreffe­nd as moontlik te benut.

“Ek kon ook nie tien jaar gelede voorspel het die kleinboer gaan vandag my grootste mark wees nie. Met die aankoop van ’n sekere bul was ek nie bewus daarvan dat hy bont kalwers sou teel nie. Die bont aanteel vind egter baie byval in ons plaaslike mark en dit is voordelig vir ons.

“Al het dit my 12 jaar gekos om SP-diere te teel, het ek die voortrefli­ke rasegte eienskappe van ’n Boran al hoe sterker waargeneem in my opteelkudd­e. Hoe suiwerder die bees geword het, hoe sterker was daardie eienskappe en hoe beter het dit in my mark ingepas. Die geduld en lang wag was beslis die moeite werd.” pietergeni­s@pgsborans.co.za.

 ?? FOTO: JOHAN VAN DER MERWE ?? Een van die ongeveer 60 kommersiël­e Boran-koeie wat mnr. Pieter Genis in 2004 as verse aangekoop het om sy stoetery mee te begin.
FOTO: JOHAN VAN DER MERWE Een van die ongeveer 60 kommersiël­e Boran-koeie wat mnr. Pieter Genis in 2004 as verse aangekoop het om sy stoetery mee te begin.
 ?? FOTO: VERSKAF FOTO: VERSKAF ?? LINKS: HOT 07 004 Hot Spot Troy is die vaar van die meeste van die bont verse wat op die plaas aangekom het.
Sergeant (PRB 09 006) is tans die vernaamste bul wat in die Boranstoet­ery PG’s gebruik word.
Me. Anlia en mnr. Pieter Genis van Vryheid. Met...
FOTO: VERSKAF FOTO: VERSKAF LINKS: HOT 07 004 Hot Spot Troy is die vaar van die meeste van die bont verse wat op die plaas aangekom het. Sergeant (PRB 09 006) is tans die vernaamste bul wat in die Boranstoet­ery PG’s gebruik word. Me. Anlia en mnr. Pieter Genis van Vryheid. Met...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa