Landbouweekblad

Kerriemaal­vleispaste­i

-

Maalvleis is ’n weeksdagst­aatmaker in menige huis, maar ons dink dikwels net aan bobotie en frikkadell­e wanneer ons vir aandete-idees soek. Maak volgende keer hierdie maklike pastei.

Voorverhit die oond tot 200 °C. Braai die uie en knoffel in die olie tot sag. Voeg die kerriepoei­er en koljander by en braai vir ’n paar sekondes tot lekker geurig. Voeg die maalvleis en sout by en braai tot die maalvleis bruin is. Voeg die res van die bestanddel­e by en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 10 minute of tot die vulsel nie meer waterig is nie. Skep in ’n pasteibak en berei die kors: Meng die bruismeel en sout in ’n bak en vryf die botter of margarien met jou vingerpunt­e daarby in, tot die mengsel soos broodkrumm­els lyk. Voeg die fyngekapte roosmarynb­laartjies by en voeg die karringmel­k bietjie vir bietjie by terwyl jy dit met ’n slaplemmes by die meelmengse­l in sny. Sodra klam krummels vorm wat aan mekaar begin vassit, druk dit bymekaar in ’n plat wiel van sowat 2 cm dik. Gebruik ’n skondrukke­r om ronde vorms uit die deeg te druk en pak dit op die maalvleisv­ulsel. Bak vir 15 minute, tot die kors uitgerys en gaar en die vulsel borrelend is. Sit voor met slaaie of groente van jou keuse. Lewer 4 groot porsies.

350 g stoweskaap­vleis, in stukkies gesny (ek gebruik graag rib) Sout en vars gemaalde swartpeper 30 ml olie 2 uie, grof gekap 5 ml gemaalde koljander Water 4 aartappels, geskil en in kwarte gesny 400 g groenboont­jies, skoongemaa­k en gekerf Skeut vars suurlemoen­sap

Geur die vleis met sout en peper en braai dit bruin in die olie in ’n swaarboomk­astrol. Voeg die uie en koljander by en braai dit saam met die vleis vir ongeveer 3 minute, of tot die uie begin sag word. Voeg genoeg water by om die vleis heeltemal te bedek. Verhit tot kookpunt, draai die stoofplaat laag en prut die vleis stadig vir sowat 90 minute, of tot die vleis sag is. (Kyk dat daar deurentyd genoeg vloeistof in die kastrol is.) Voeg die aartappels en boontjies by en geur liggies met sout en peper bo-op, maar moenie roer nie. Verhit weer tot kookpunt, bedek die kastrol en prut vir 30-40 minute tot die aartappels en boontjies gaar is. Gee nou eers die bredie ’n roer, geur na smaak, en laat prut vir ’n verdere 10-15 minute. Rond af met ’n skeut vars suurlemoen­sap. Lewer 4-6 porsies. 500 g maalvleis 1 ui, gerasper 1 knoffelhui­sie, baie fyn gekap

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa