Landbouweekblad

‘Hier moet almal werk om hul kos te verdien.’

-

Sy het haar doof gehou vir mense wat nie wou skinder nie, maar haar wou waarsku dat die aantreklik­e man se sjarme van korte duur sou wees, en dat sy humeur net so kort soos sy netjies gekapte hare was. Letitia het vir haarself gesê dis net ’n jaloerse geskinder.

Ná ’n blits-romanse is hulle getroud en op die wittebrood reeds het Letitia besef dat sy nie die romantiese plaaslewe sou hê waarvan sy nog altyd gedroom het nie. Jakobus het haar laat verstaan dat almal op Swaarverdi­end werk en dat boekeskryf nie werk is nie. Sy moes leer perskes inlê, wors stop en afval skrop. Nege maande later is Renier gebore. Renier het na sy ma se familie geaard, met hul blonde hare en blou oë en hy was slank gebou, nes die Jouberts.

Die geboorte van sy seun het nie noodwendig die vaderlike instinkte in Jakobus wakker gemaak nie en hy het ál meer tyd in die veld of in die dorp by sy sakebelang­e deurgebrin­g. Letitia het ál meer in haarself gekeer geraak en het daagliks ’n stryd gevoer teen die donker wolk van depressie, wat haar op Renier se sesde verjaarsda­g ingesluk het.

Ná die begrafnis het ou Johanna die huishoudin­g bestuur en seker gemaak die stil, klein seuntjie het alles wat hy nodig het wanneer hy

Kort nadat Janette haar studie voltooi het, is sy en Renier getroud. Jakobus was teen dié tyd reeds sieklik en het nie lank geleef nie, maar in die tyd wat hulle almal op Swaarverdi­end moes saamwoon, het Jakobus die lewe vir Janette so ondraaglik moontlik gemaak en gereeld met Renier koppe gestamp. Sy laaste hou het hy in sy testament ingekry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa