Landbouweekblad

Dis nie net wát jy doen nie, maar ook hóé jy dit doen wat die uitslag bepaal.

-

Terwyl ’n klompie van ons rugbyliefh­ebbers om ’n vuur sit en gesels oor die Springbokk­e se vertoning – of gebrek daaraan – sê ’n ouerige vrou: “Hulle het van die afskop af so sonder traak gespeel.” Ek het geweet wat sy daarmee bedoel het, maar dit was vir my vreemd. Om sonder traak te speel beteken eenvoudig daar is nie genoeg belangstel­ling of sigbare motivering nie. Die uitslag maak nie saak nie. Hulle speel sonder hart en passie.

Dit geld byna enige projek. As jy dit sonder traak aanpak, kan jy nie verwag om groot sukses te behaal nie. Dis nie net wát jy doen nie, maar ook hóé jy dit doen wat die uitslag bepaal. Die “traak” – of die gebrek daaraan – sal die hóé bepaal.

Dit het my laat dink aan hoe mense hul godsdiens beleef. Die meeste mense sal nogal huiwerig antwoord oor hoe ywerig hulle oor hul godsdiens is. Om die regte dinge te doen bepaal nie noodwendig jou gesindheid nie. Die wát en die hóé vul mekaar nie altyd aan nie.

Ons gebruik twee stelle boeke. Met die een stel werk ons hier op aarde, waar ons mense plaas op grond van wat hulle voorgee. Die name word in registers opgeteken wat gelees kan word, maar dit kan nie praat of vrae beantwoord nie. Die ander stel boeke is vir ons ontoegankl­ik en word “Die Boek van die Lam en van die Lewe” genoem.

God alleen dra die sleutel vir dié boek. Is daar dan glad nie ’n manier om te weet of jou naam in dié boek opgeteken is nie? Word ons saligheid net in die hiernamaal­s geopenbaar? Nee, duisend maal, nee. God is beslis nie so geheimsinn­ig nie. Johannes skryf: “Maar aan almal wat Hom (Christus) aangeneem het, dié wat in Hom glo, het hy die reg gegee om Kinders van God te word” (Joh. 1:12). Dié blye versekerin­g van my Kindskap sit “traak” in my godsdiensb­elewenis.

Laat dié nooit van jou gesê word nie: Hy of sy dien die Here, maar tog so sonder traak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa