Landbouweekblad

AARTAPPELS: MOER-REUS BETREE TAFEL-MARK

Wesgro en RSA Markagente span kragte saam om ’n aartappel-handelsmer­k in die informele mark te vestig.

- JOHAN VAN DER MERWE

OP 26 Mei vanjaar het Wesgro, voorheen die Wes-Vrystaat Aartappelm­oerkwekers, sy nuwe handelsmer­k vir tafel-aartappels op die RSA Markagente se vloer op Johannesbu­rgse varsproduk- temark begin.

In hierdie strategies­e vennootska­p gaan Wesgro met vyf verskillen­de verpakking­s, naamlik ’n1kg,2kg,4kg,7kgen10kg verpakking, hoofsaakli­k sy aandag op die informele mark deur spaza-winkels, smouse en onafhankli­ke verkopers vestig.

Volgens mnr. Gerhard Posthumus, die besturende direkteur van Wesgro, het hulle navorsing getoon dat tot 70% van hul toekomstig­e verkope in die informele segment van die mark sal plaasvind.

“In hierdie lig is RSA Markagente ’n goeie vennoot, aangesien hy dieselfde aptyt het vir uitbreidin­g en ontwikkeli­ng van markte in die ganse Afrika as Wesgro,” verduideli­k Posthumus.

Volgens mnr. Jaco Oosthuizen, besturende direkteur van die RSA Markagente-groep, is hierdie vennootska­p die regte stap vir RSA om sy leierskapp­osisie in die varsproduk­temark uit te bou. “Ons soek voortduren­d innoverend­e produsente wat goeie produkte kan lewer.

“Wesgro se progressie­we ingesteldh­eid om aartappels as meer as net ’n kommoditei­t te vestig in die gedagtes van die verbruiker, weerspieël ons eie visie,” verduideli­k Oosthuizen.

Wesgro beraam dat hulle tot 65% van alle moerproduk­sie in die land verteenwoo­rdig. Aanvanklik sal sy eie tafel-aartappels slegs op die Johannesbu­rg varsproduk­temark verkoop word, maar sal mettertyd ook na Pretoria en Durban uitbrei.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Jacques Beukes, Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar, saam met mnr. Carl Opperman, hoofbestuu­rder van Agri Wes-Kaap.
FOTO: VERSKAF Mnr. Jacques Beukes, Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar, saam met mnr. Carl Opperman, hoofbestuu­rder van Agri Wes-Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa