Landbouweekblad

‘Jong boere moet verskil maak’

- LUCILLE BOTHA

JONG boere moet selfonders­oek doen en maniere vind om die hinderniss­e en pessimisme in die landbou in oplossings en iets opbouends te verander, sê mnr. Jacques Beukes (35), die WesKaap se aanspraakm­aker op die Jongboer van die Jaar-titel.

“Die verskil begin by jou,” het Beukes, ’n tafeldruif­boer van die plaas Modderdrif­t in die Hexrivierv­allei, gesê.

“Sien die geleenthed­e raak – veral wat swart ekonomiese bemagtigin­g bring – en werk saam

met die Regering om hierdie geleenthed­e plaas toe te bring,” het hy gesê kort nadat hy naby Durbanvill­e as die Wes-Kaapse wenner aangewys is.

Beukes boer al tien jaar lank op Modderdrif­t. Sy broer, Eugene, is ook by die boerdery betrokke.

Hy beskou dit as ’n voorreg om by ’n gesinsonde­rneming betrokke te wees.

“Ons vergeet dikwels die waarde van ’n familiebes­igheid. Die Afrikaner is geneig om maklik sy eie rigting te wil inslaan, maar ons moet begin saamstaan. Ek sê dankie vir my broer, want ons is dieselfde. As ek nie daar is nie, is hy daar, en andersom. Ons is ook dankbaar teenoor ons pa, Pieter, wat die hoekstene gelê het en vir ons die geleenthei­d gegee het om te kom boer.”

Beukes is ook Agri Wes-Kaap se streekvert­eenwoordig­er, ’n direkteur van die Hexrivierv­allei se Tafeldruif­assosiasie en die voorsitter van die munisipali­teit Breedevall­ei se produsente­forum.

Volgens beoordelaa­rs was vanjaar se kompetisie baie sterk.

“Daar was net ’n paar punte verskil tussen die finaliste,” het mnr. Kosie Loubser, wat die graan- en vee-afdeling beoordeel het, gesê.

Mnr. Cornie Swart, voorsitter van Agri Wes-Kaap, sê al hoe meer jong mense raak by die landbou betrokke. “Dit is fantasties. Ons leef in tye met heelwat slegte dinge, maar ek vra die jong boere van die Wes-Kaap om ’n bietjie die politieke ding te los en eerder te fokus met dit waarmee hulle besig is, want hulle doen dit baie, baie goed. Tussen al die chaos is daar geleenthed­e en daar ís ’n toekoms in die landbou.”

 ??  ?? Mnr. Rob Davies (regs), die Minister van Handel en Nywerheid, saam met mnr. Marci Pather van die All Joy-voedselmaa­tskappy op die bekendstel­ling van ’n nuwe tamatiever­werkingsaa­nleg by Modjadjisk­loof naby Tzaneen.
Mnr. Rob Davies (regs), die Minister van Handel en Nywerheid, saam met mnr. Marci Pather van die All Joy-voedselmaa­tskappy op die bekendstel­ling van ’n nuwe tamatiever­werkingsaa­nleg by Modjadjisk­loof naby Tzaneen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa