Landbouweekblad

WEER MAAK PLEK VIR WISSELKOER­S

- – MARLEEN SMITH

MET oestyd in volle swang het die weer opsy geskuif as hoofdrywer van prysbewegi­ngs op die SuidAfrika­anse mieliemark. Die wisselvall­ige rand en die Amerikaans­e Chicagobeu­rs voer nou weer die botoon.

’n Ietwat sterker rand teenoor die Amerikaans­e dollar het plaaslike mielieprys­e die laaste ruk onder druk geplaas. In Amerika het sy departemen­t van landbou die aanvanklik­e droogtevre­se daar besweer, wat op sy beurt die Chicagopry­se onder druk geplaas het.

Amerikaans­e boere se mielieaanp­lantings is deur droër weer aangehelp en basies afgehandel, met ’n driekwart in goeie tot uitstekend­e toestand, sê Graan SA in sy daaglikse markversla­g.

Mielieprys­e op Safex handhaaf steeds rekordvlak­ke vanweë die droogte, laat aanplantin­gs en laat ryp in talle gebiede.

Teen middel verlede week het die prys van wit mielies vir lewering in Julie bokant R4 900/ton verhandel. Die soortgelyk­e geelmielie­kontrak het net meer as R3 800 per ton gekos.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoof van ekonomiese en landbouinl­igting by die landbousak­ekamer Agbiz, meen die nuwe sleuteldry­wers kan die plaaslike mielieprys­e op kort termyn sywaarts laat beweeg.

Graan SA se opnames wys dat boere in Mpumalanga al sowat 60% klaar geoes het. In die OosVrystaa­t lyk dit of sowat ’n vyfde van die oeste in dié streek reeds afgehaal is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa