Landbouweekblad

REKORDPRYS BY MOORREESBU­RG BEHAAL

-

’n Rekordprys van R60 600/ha is vir ’n koringplaa­s in die omgewing van Moorreesbu­rg betaal.

Mnr. Willie van Rensburg, afslaer en afdelingsb­estuurder van sakeontwik­keling by BKBeiendom­me, sê die plaas Langrug, wat 514 ha groot is, is in Maart vanjaar per tender teen R31,2 miljoen verkoop.

Volgens Van Rensburg is die plaas een van die kleiner eenhede in die omgewing.

“Die eiendom is ’n goed bestuurde koringplaa­s met ’n uitstekend­e ligging.”

Die plaas is 7 km buite Moorreesbu­rg. Volgens Van Rensburg is daar goeie rotasie van gewasse en genoeg water, wat uit die Voëlvleida­m kom.

Alle lande is droëlande. Die plaas het ook gehalteomh­eining en ’n aantal strukture.

Van Rensburg sê die gebied is gesog onder graanboere omdat die reënval en grond baie geskik is vir graanboerd­ery. Toe die plaas in die mark kom, was daar baie belangstel­ling.

“Die bure en ander boere in die omgewing het belang gestel, maar daar was ook belangstel­ling van buite, ook uit die noorde van die land.”

Die Swartlands­e plaas is uiteindeli­k deur ’n buurman gekoop. Van Rensburg sê die plaas is per tender verkoop omdat dit ’n meer vertroulik­e proses is, wat die verkoper verkies het.

Plaaspryse in die omgewing het in die laaste paar jaar sterk gegroei en daar is tans min plase op die mark.

“Groot boere raak ál groter, ter wille van skaalekono­mie, en is altyd na goeie saaigrond op soek.

“Boere wend hulle al meer tot kontantgew­asse, veral in ’n stabiele omgewing. Minimumbew­erking lei daartoe dat vog in die grond beter bewaar word, wat groei en vestiging van graangewas­se bevorder.”

Van Rensburg sê verlede jaar en tot dusver vanjaar is dit droog in die Swartland.

Hy verwag egter nie dat dit gaan lei tot meer plase wat in die mark kom nie.

Boere in die streek diversifis­eer en hul boerderye bestaan uit verskeie vertakking­s, soos skape, vleisbeest­e, melkerye en wingerde.

“Hoewel al die vertakking­s van reën afhanklik is, is die risiko tog versprei.” – CARIEN KRUGER

 ?? FOTO: BKB-EIENDOMME ?? Só lyk die hoofhuis op die plaas Langrug, wat vroeër vanjaar vir meer as R30 miljoen verkoop is. Die huis het onder meer vier slaapkamer­s, twee badkamers en ’n swembad.
FOTO: BKB-EIENDOMME Só lyk die hoofhuis op die plaas Langrug, wat vroeër vanjaar vir meer as R30 miljoen verkoop is. Die huis het onder meer vier slaapkamer­s, twee badkamers en ’n swembad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa