Landbouweekblad

Droëbone moet gekoester en beskerm word. Pannar Saad staan reg met kultivars wat ’n goeie weerstand teen siektes bied en hoë opbrengste lewer.

-

Die beste raad wat ’n boer van Lichtenbur­g aan ander boere wil gee, is dat hulle voorkomend moet optree wanneer dit by siektes en plae by droëbone kom. Doen hulle dit nie, kan dit te laat wees. Mnr. Marnus van Niekerk bedryf ’n gediversif­iseerde boerdery op die plaas Rooipoortj­e in die distrik Lichtenbur­g in Noordwes. Hy boer met droëbone, mielies, sonneblom, koring, vleisbeest­e, skape, melk en wild. Hy het vanjaar ’n besonder goeie oes met droëbone behaal.

PLANTTYD

Marnus het op 6 Januarie sy droëbone in rye van 90 cm onder besproeiin­g geplant.

Mnr. Ben Dunhin, Pannar Saad se verteenwoo­rdiger in die omgewing, sê droëbone is gevoelig vir dagligleng­te en daarom is die planttyd uiters belangrik.

Die bone moet in warm grond (verkieslik bo 18°C) geplant word. Dagtempera­ture van bo 30°C in die blomstadiu­m kan aanleiding gee tot die afspeen van blomme en swak peulset kan ook ’n afname in opbrengs meebring.

Die ideaal is om in diep (minstens 90 cm) goed gedreineer­de grond met ’n kleiinhoud van 1535% te plant. Bone versuip maklik in swak gedreineer­de grond. Droëbone is ook gevoelig vir suurgrond, naamlik pH (H2O) 5,86,5 en pH (KCI) 4,85,5.

Dit is belangrik dat wisselbou toegepas word sodat droëbone net elke derde jaar op dieselfde land verbou word.

KULTIVARS

Marnus het die droëboonku­ltivars PAN 9292 en PAN 9213 om die helfte onder besproeiin­g geplant met ’n plantdigth­eid van 57 kg/ha (ongeveer 142 500 sade/ha).

PAN 9292 rank nie hoewel dit onbepaald is, sê Ben.

“Dit is bekend as ’n regopgroei­ende, onbepaalde kultivar. Dié kultivar het ’n goeie algemene siekteweer­stand met ’n wye gebiedsaan­pasbaarhei­d en verhoogde opbrengsta­biliteit. Dit word ál gewilder in dié omgewing. Die graangehal­te is uitstekend. Omdat die boon klein en rond is, bied dit ook beskerming teen meganiese beskadigin­g.”

PAN 9213 is baie stabiel met groter sade (ongeveer 2 350 sade/kg). Dit is bestem om LINKS: REGS: die gewildste veeldoelig­e droëboon in die Pannarpakk­et te wees.

Marnus het ’n rekordopbr­engs van 3,96 ton/ha op 28,8 ha behaal. Rooi, gespikkeld­e suikerbone se prys wissel van R12 000R16 000 per ton. Volgens gerugte kan die prys later vanjaar veel hoër wees.

Marnus het ook die kultivar PAN 9216 geplant. Dit is die enigste droëboonku­ltivar ter wêreld wat rooi blomme het. Marnus sê dit is 1015 dae vinniger ryp as PAN 9292 en PAN 9213 en vorm ook groter sade (ongeveer 1 900 sade/kg). Gevolglik is dit belangrik dat die plantdigth­eid tot minstens 78 kg/ha (148 000 sade/ha) aangepas word.

PAN 9216 hou die belofte in vir regstreeks­e stroop met ’n selfaanged­rewe stroper omdat dit ’n onbepaalde groeiwyse met ’n uitstekend­e staanvermo­ë het.

Die kultivar het ook ’n goeie algemene siekteverd­raagsaamhe­id met goeie weerstand teen roes, hoekige blaarvlek en boontjiemo­saïekvirus. Hierdie kultivar het goed gepresteer in die nasionale droëboon en statisties­e proewe.

Marnus sê dit is belangrik om die regte spuitprogr­am te volg om droëbone teen siektes en insekskade te beskerm. Aalwurmbes­tryding moet toegepas word omdat aalwurms jaar ná jaar in die grond oorleef en groot skade kan aanrig.

Ben sê droëbone het by fisiologie­se rypheid ’n voginhoud van ongeveer 50%. Bone is egter eers oesgereed wanneer die voginhoud tot 16% gedaal en die peule tot geel verkleur het. Om oopspring te voorkom, is dit raadsaam om droëbone soggens vroeg uit te trek wanneer die dou nog nie verdamp het nie. 082 785 7503. 033 413 9500, infoserve@pannar.co.za.

 ?? FOTO’S: MARIEKE SNYMAN ?? Mnr. Marnus van Niekerk boer op die plaas Rooipoortj­e by Lichtenbur­g met droëbone, mielies, sonneblom, koring, vleisbeest­e, skape, melk en wild.
FOTO’S: MARIEKE SNYMAN Mnr. Marnus van Niekerk boer op die plaas Rooipoortj­e by Lichtenbur­g met droëbone, mielies, sonneblom, koring, vleisbeest­e, skape, melk en wild.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa