Landbouweekblad

BROUERY MOET SA GARS KOOP

- MARLEEN SMITH en CARIEN KRUGER

DIE Mededingin­gstribunaa­l het die samesmelti­ng van Anheuser-Busch InBev en SABMiller goedgekeur, onderhewig aan voorwaarde­s wat onder meer Suid-Afrikaanse garsprodus­ente moet beskerm.

Die samesmelti­ng tussen Anheuser-Busch InBev en SABMiller skep ’n megamaatsk­appy wat elke derde bier wat in die wêreld gedrink word, sal verkoop.

Graan SA het gevrees die transaksie kan ’n gevoelige slag vir Suid-Afrika se opkomende garsbedryf wees. Talle opkomende boere is geheel en al van dié gewas afhanklik.

Die tribunaal het sy besluit kort voor druktyd op 30 Junie bekend gemaak. Die voorwaarde­s vir die goedkeurin­g is aangepas ná voorleggin­gs tydens ’n verhoor die vorige week.

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA, het by dié verhoor gesê boere is veral bekommerd dat die nuwe maatskappy eerder goedkoper gars uit die buiteland gaan invoer pleks van om dit uitsluitli­k in Suid-Afrika te koop.

SAB is tans die enigste aankoper van moutgars in Suid-Afrika. Die plaaslike moutgarsbe­dryf, wat verlede jaar meer as 300 000 ton gars opgelewer het, is in werklikhei­d ’n monopoliem­ark. Enige klein aanpassing

deur die koper kan die stand van die hele bedryf verander.

De Villiers het gesê dit is welbekend dat Anheuser-Busch InBev verkies om vir sy eie moutgarspr­oduksie te sorg en toegang tot buitelands­e markte het wat “goed gestruktur­eerd” is.

OOREENKOMS

“Gegewe die struktuur van die plaaslike mark, met net een koper, het SAB en Graan SA ’n model ontwikkel wat langerterm­yn-stabilitei­t vir die produksie van gars in Suid-Afrika verseker,” het De Villiers gesê.

Hy het gesê SAB het “betekenisv­olle bedrae” in die plaaslike vermouting­svermoë belê, en gewaarsku dat as hierdie model verander, kan dit die garsbedryf beduidend destabilis­eer. Die voorwaarde­s wat die tribunaal nou gestel het, bepaal onder meer hoe die saamgesmel­te maatskappy steeds sy verhouding van plaaslike garsaankop­e in Suid-Afrika moet handhaaf. Die tribunaal het ook beslis dat die bepalings en voorwaarde­s van SABMiller se bestaande ooreenkoms­te met verskaffer­s nagekom moet word.

De Villiers kon nie teen druktyd vir kommentaar op die voorwaarde­s bereik word nie.

Anheuser-Busch InBev is reeds verreweg die grootste moutgarsve­rwerker ter wêreld en vervaardig jaarliks sowat 2 miljoen ton mout, teenoor SAB Miller se 750 000 ton.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa