Landbouweekblad

‘PRYS GAAN JULLE NIE RED’

- —CARIENKRUG­ER

PRODUSENTE moet ophou dink dat prys hulle gaan deurdra en eerder aandag gee aan hoe om meer uit die verbruiker­srand te kry en tegnologie in te span.

Dít was mnr. Ernst Janovsky (foto), hoof van Absa-Agribesigh­eid se sentrum vir uitnemendh­eid, se boodskap aan pluimveepr­odusente by die AVI Africa-pluimveeko­nferensie.

Hy het gesê pryse vir landboukom­moditeite gaan in die volgende 10 tot 20 jaar in dollarwaar­de sywaarts beweeg, tensy iets spesifiek gebeur wat ’n prysbewegi­ng veroorsaak.

“In my leeftyd het pryse net twee keer beweeg. As jul prys in die volgende 30 jaar sywaarts gaan beweeg, hoe gaan julle dit oorleef? Dit gaan oor die verhoging van jul produktiwi­teit, nie oor die prys nie. Julle het geen beheer oor die prys nie.”

Janovsky het gewaarsku Suid-Afrika en die wêreld se ekonomieë groei nie en dit beteken verbruiker­s het minder besteebare geld.

Beter reën in die komende somer kan vir pluimveepr­odusente verligting in voerkoste bring.

KYK WYER

Janovsky het egter gesê hul aandag is te veel inwaarts gerig. Danksy uitvoer het beesvleisp­ryse gestyg hoewel aansienlik meer diere geslag is.

“Julle moet oor die wêreldmark begin dink. Dit gaan daaroor om buite Suid-Afrika te kyk. Julle moet dink oor hoe julle dollars gaan verdien. Die mark bestaan wel.”

Hy was krities oor die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging se hofsaak om te keer dat die beoogde pekelwater­regulasies in werking gestel word en om die regulasies te laat hersien.

Dit dui volgens hom ook op ’n te groot inwaartse fokus.

TEGNOLOGIE

Janovsky sê tegnologie gaan groot veranderin­ge in die landbou meebring.

Vir verbruiker­s gaan dit al hoe meer oor die storie agter ’n produk en hul hele ervaring daarvan. Tegnologie maak verpersoon­likte produkte moontlik.

“’n Mens kan vandag reeds ’n steak op ’n 3D-drukker druk en die smaak daarvan verander. Supermarkt­e gaan na verwagting oor 50 jaar baie kleiner wees en die verpersoon­likte ervaring gaan terugkeer.

“Dit is die eerste keer dat die produsente die geleenthei­d het om die verbruiker ‘terug te neem’. Die vraag is: Wat gaan júlle doen om die verbruiker terug te neem? As jy die verbruiker besit, kan jy meer van die verbruiker­srand in jou sak kry.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa