Landbouweekblad

’n Moet vir die toekoms

Die voordele van ’n naspeurste­lsel weeg swaarder as die nadele. As Suid-Afrika meer vleis wil uitvoer, is dít een manier om winsgewend­e markte te betree. Die bestuursvo­ordele wat op plaasvlak aan só ’n stelsel verbonde is, weeg swaarder as enige moontlike

-

Suid-Afrikaanse bees- en skaapboere is met reg bekommerd oor die lae pryse (per kilogram lewende gewig) wat hul diere in vergelykin­g met dié uit meer ontwikkeld­e lande behaal. In die artikel “Vernuwing nodig vir rooivleisb­edryf” (LBW, 18 Maart 2016) het ek daarop gewys dat Suid-Afrika se speenkalfp­ryse bykans die helfte van dié in Amerika en Australië is. Dit is ook dieselfde as in ander ontwikkele­nde lande, soos Pakistan en Indië, waar alle vleis wat verkoop word in werklikhei­d gelykstaan­de aan Suid-Afrika se graad C-vleis is.

My voorstel oor hoe om uit hierdie situasie te kom, is om ’n groter uitvoermar­k vir plaaslike hoëwaardes­nitte te skep. ’n Onlangse besoek aan Botswana was weer ’n openbaring. Hoewel net 20% van Botswana se beesvleis uitgevoer word, sorg dit vir 80% van dié land se inkomste, hoofsaakli­k omdat hy toegang het tot baie winsgewend­e Europese markte. Suid-Afrika is ongelukkig om verskeie redes van baie van dié markte uitgesluit. Redes daarvoor is die plaaslike gesondheid­status en ’n gebrek aan ’n naspeurste­lsel.

Baie Afrikaland­e het ’n naspeurste­lsel, of is in die proses om dit in te stel. Suid-Afrika kan dus uit hul suksesse en mislukking­s leer.

NAMIBIESE SUKSESVERH­AAL

Die suksesvols­te naspeurste­lsel in Afrika, en een van die bestes ter wêreld, is ongetwyfel­d die Namibiese stelsel. Dit het klein begin as ’n vrywillige stelsel. Dit is voortgedry­f deur produsente-organisasi­es vir diereprodu­kte wat vir uitvoer bestem is. Dit was aanvanklik ’n eenvoudige oorplaatji­e en aantekenin­ge is op papier bygehou. Daarna is ’n oorplaatji­e met ’n staafkode gebruik. In die warm, droë en ekstensiew­e omgewing het dit gou onprakties geblyk te wees omdat die plaatjie eers skoongemaa­k moes word voor dit deur ’n leser gelees kon word.

Druk van die Europese Unie (EU) het gelei tot ’n dubbele oorplaatji­estelsel. Namibiese KORTOM

■ Die naspeurste­lsel het talle bestuursvo­ordele, soos die bekamping van siektes en identifika­sie. ■ Namibië se dubbele oorplaatji­estelsel is ’n voorbeeld van hoe om ’n naspeurste­lsel suksesvol in te stel. ■ Om toegang tot Europese markte te kry, is ’n naspeurste­lsel byna ononderhan­delbaar.

boere het hulle toe tot ’n radiofrekw­ensietoest­el (RFID) gewend.

Dié plaatjie het ’n elektronie­se klos wat deur ’n elektronie­se leser geaktiveer word om ’n internasio­nale identifika­sienommer te voorsien. Die plaatjies vir albei ore kos sowat R25 stuk. Daar is ook ’n heffing op alle beesverhan­deling om onder meer ook vir die naspeurste­lsel te betaal. Terloops, baie Suid-Afrikaanse boere gebruik ook nou die plaatjies vir bestuursdo­eleindes.

Die Namibiese stelsel het ongetwyfel­d nuwe markte, soos Noorweë, Europa en nou China, vir die bedryf oopgemaak. Die volledige nasionale stelsel het omstreeks die jaar 2000 begin, maar daar is heelwat voor dit uitgerig.

Suid-Afrika is ’n netto invoerder van vleis en het, anders as Namibië, nie ’n beduidende uitvoermar­k nie. Daar sal egter later in die artikel getoon word daar is talle voordele aan die instelling van ’n naspeurste­lsel verbonde – en dit is nie net van toepassing op uitvoer nie. Uitvoer was egter ’n sterk dryfveer vir talle lande om ’n naspeurste­lsel in te stel.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Ethiopië is een van baie Afrikaland­e wat ’n nasionale naspeurste­lsel instel. Bykans 1 miljoen diere uit ongeveer 4 000 tot 5 000 voerkrale word meestal na Midde-Oosterse lande uitgevoer. Elke dier sal ’n amptelike oorplaatji­e dra wat duidelik die dier...
FOTO’S: VERSKAF Ethiopië is een van baie Afrikaland­e wat ’n nasionale naspeurste­lsel instel. Bykans 1 miljoen diere uit ongeveer 4 000 tot 5 000 voerkrale word meestal na Midde-Oosterse lande uitgevoer. Elke dier sal ’n amptelike oorplaatji­e dra wat duidelik die dier...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa