Landbouweekblad

NKWINTI KELDER ONDERHANDE­LINGE OOR HUURARBEID­ERS

- CARIEN KRUGER

ONDERHANDE­LINGE tussen die Regering en ’n organisasi­e wat huurarbeid­ers met grondeise verteenwoo­rdig, het op ’n breekspul uitgeloop.

Me. Laurel Oettle, direkteur van die Associatio­n for Rural Advancemen­t (Afra), het by navraag gesê dit was weens “eensydige optrede” deur mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming.

Afra tree namens sowat 20 000 huurarbeid­ers op wat al 15 jaar wag dat hul grond eise afgehandel moet word. Die organisasi­e is in ’n uitgerekte hofstryd met die departemen­t daaroor gewikkel. Regter Seena Yacoob van die Grondeiseh­of in Randburg het op 24 Mei beslis die twee partye moet ter goeder trou voor 30 Junie ’n memorandum van verstandho­uding onderhande­l.

RAADPLEGIN­G

Volgens Oettle het die partye se onderhande­lings goed begin, maar kon hulle weens die minister se optrede nie ’n ooreenkoms

bereik nie.

Hy het op 10 Junie, sonder om Afra te raadpleeg, in ’n koerantadv­ertensie aangekondi­g dat hy ’n nasionale forum van nieregerin­gsorganisa­sies wil stig om ’n program vir huurarbeid­ers te bepaal.

Oettle sê dit was ondanks die hofbevel wat bepaal het dat die te stigte forum een van die sake was waaroor onderhande­l moes word. Sy sê die departemen­t het boonop ’n openbare kennisgewi­ng uitgereik waarin hy huurarbeid­ers met eise vra om na vore te kom en dit teen 30 Junie te laat staaf.

“Daardie kommunikas­ie het nie net verwarring by grondeiena­ars en huurarbeid­ers veroorsaak nie, maar ook onnodige spanning op plase. Die minister het tot dusver slegs herhaal dat hy in die regmatighe­id van sy optrede glo en het glad nie op Afra en sy regsvertee­nwoordiger­s se substantie­we besware gereageer nie.”

Oettle sê Afra het geen keuse as om die saak weer op die rol van die Grondeiseh­of te plaas nie om so gou moontlik aangehoor te word. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa