Landbouweekblad

TARIEF OP HOENDER UIT VSA ‘DALK LAER’

- CARIEN KRUGER

’N Moontlike hersiening van die vyftien jaar oue teenstorti­ngstariewe op Amerikaans­e hoenderstu­kke kan tot laer of selfs geen tariewe lei.

Dit is die mening van mnr. Donald MacKay, direkteur van XA Internatio­nal Trade Advisors.

Volgens hom sal die Kommissie vir Internasio­nale Handelsadm­inistrasie (Itac) na verwagting ’n ander metode vir die berekening van storting gebruik.

Teenstorti­ngstariewe mag volgens die reëls van die Wêreldhand­elsorganis­asie (WHO) net vyf jaar duur, waarna ’n land se plaaslike bedryf om ’n hersiening aansoek kan doen.

Suid-Afrika se teenstorti­ngstarief op Amerikaans­e hoenderstu­kke aan die been is al twee keer hersien en verleng.

Die huidige tarief van R9,40/ kg verval op 4 April aanstaande jaar, tensy die plaaslike pluimveebe­dryf, soos verwag word, teen 4 Oktober vanjaar om die hersiening aansoek sal doen. MacKay sê in dié geval sal die tariewe vir 18 maande ingestel word terwyl die hersiening­sondersoek aan die gang is.

KOSTEBEREK­ENING

Hy sê Itac het verlede jaar ’n ander metode van berekening in ’n ondersoek oor storting van hoender uit die Europese Unie (EU) gebruik. Dit volg op ’n WHO-besluit in ’n saak tussen Amerika en China, wat Amerika gewen het.

Eenvoudig gestel, gaan dit oor hoe die koste van produksie bereken word, sê MacKay.

Die een metode behels die eweredige toedeling van koste tussen die stukke van die hoender, terwyl die ander metode, wat Amerika voorstaan, behels dat meer koste toegewys word aan stukke waarvoor hoër pryse behaal kan word.

In Amerika geld dit byvoorbeel­d vir borsvleis. MacKay sê dit sal tot Amerikaans­e hoenderboe­re se voordeel wees om aan die verwagte hersiening­saansoek deel te neem.

As die teenstorti­ngstarief verlaag word, sal dit vir die Amerikaner­s makliker wees om só hoender na Suid-Afrika uit te voer as kragtens die rabat op die tarief wat onderhande­l is as deel van die hernuwing van die Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa).

Sedert Desember verlede jaar tot April vanjaar is sowat 10 400 ton Amerikaans­e hoenderstu­kke aan die been kragtens die rabat ingevoer.

“Dis duidelik die Amerikaner­s wil graag die Amerikaans­e produk na Suid-Afrika bring,” sê MacKay. –

 ??  ??
 ??  ?? Suid-Afrikaanse hoenderboe­re kan onder verdere druk kom van ingevoerde hoender uit Amerika.
Suid-Afrikaanse hoenderboe­re kan onder verdere druk kom van ingevoerde hoender uit Amerika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa