Landbouweekblad

Nuwe Chinees trek aandag

-

Vir vastrapple­k in SuidAfrika se motormark moet jy slim wees, jou terrein kies én ’n stewige produk hê. Die Chinese motorverva­ardigers is al lank in Suid-Afrika, maar ’n gebrek aan sinvolle bemarking en hoëgehalte­voertuie het hulle gepootjie. Sedert die bekendstel­ling van bakkies, soos die Foton Tunland, het menings egter begin verander. Ál meer Suid-Afrikaners kies nou ’n bekostigba­re bakkie wat byna dieselfde luuksheid bied as sy bekender, duurder mededinger­s.

Die JMC Vigus is een van dié nuwe toetreders wat luuks genoeg is. Die vervaardig­er beweer ook hy’s taai, ’n bewering wat ná ’n week se bestuur op plaaspaaie nie onwaar gelyk het nie.

EERSTE INDRUKKE

Die Vigus lýk goed, so effens na die Mazda BT-50 van voor en die Ford Ranger van agter, sonder om hulle te veel te na-aap. Die bakkie trek aandag – ek het heelwat vrae daaroor gekry.

Nes al die ander nuwe bakkies is die Vigus ’n groot bakkie (1 815 mm hoog, 5 325 mm lank van neus tot stert, en 1 905 mm breed van kantspieël tot kantspieël). Die Vigus 4x4 MT SLX wat ek getoets het, het ook ’n skaflike minimum grondvryho­ogte van 225 mm (die 4x2-weergawes se grondvryho­ogte is 181 mm).

BINNERUIM

Die bakkie het ’n ruim kajuit met ’n ergonomies­e uitleg wat al die beheerknop­pies netjies binne die bestuurder se bereik plaas.

Die multifunks­iestuurwie­l, met knoppies vir volume- en telefoonbe­heer, beteken jy kan jou oë op die stuurwiel hou.

’n Aanboord-rekenaar is deesdae amper standaardt­oerusting by nuwe bakkies, maar die Vigus s’n het my beïndruk. Naas die gewone radio-en-CD-spelerfunk­sies, het dit ook ’n DVD-stelsel.

’n Navigasies­telsel ontbreek en die afwesighei­d van ’n Bluetooth-stelsel is werklik ’n nadeel. Die 16,5 cm-skerm is groot en duidelik genoeg om inligting vinnig in te neem en is netjies in die voorste paneel ingebou.

’n Voordeel van die groot kajuit is die lang beenruimte vir die passasiers op die agterste sitplek. Daar is ook genoeg kopruimte.

ENJIN EN RATKAS

Met kragleweri­ng van 90 kW teen 3 800 r/min. en wringkrag van 290 N.m van 1 600 r/min. tot 1 750 r/min., laat die 2,4 jou nie juis regop sit nie.

Die nuwe 2,4

lewer 110 kW en 400 N.m van 1 600 r/min. tot 2 000 r/ min. In hierdie opsig vergelyk die Vigus met ’n vorige geslag Japannese bakkies.

Daar is beslis traagheid in die laer revolusies. In die kragband (die kurwe tussen die maksimum wringkrag en die maksimum kilowatt) trek die bakkie egter soos ’n fris vul wat huiswaarts keer.

Brandstofv­erbruik was min of meer by 9,1 km, wat nie sleg is vir so ’n groot voertuig nie.

ALGEMENE RYGEMAK

Een voordeel is die gemak waarmee tussen 4x2, 4x4-hoog (4H) en 4x4-laag gewissel word. ’n Knop tussen die bestuurder en passasiers­itplekke word net gedraai om die verstellin­g te maak.

Op teerpaaie is die Vigus stewig, maar hy is geneig om weens sy stywe vering op grondpaaie te oorstuur. Sodra die 4H-verstellin­g gemaak word, sit die Vigus weer stewig op die (grond)pad.

MEDEDINGIN­G

Aangesien die Vigus se mededinger­s, soos die Toyota Hilux, Ford Ranger en Isuzu KB, hulself al as betroubare kalante bewys het wat al jare lank deel is van die Suid-Afrikaanse bakkiemark, moet die Vigus homself nog bewys. Onthou, 15 jaar gelede het softy, mense neergekyk op Koreaanse voertuie, en kyk hoe suksesvol is hulle deesdae.

Ons oupas was skepties oor Japannese bakkies in die vroeë 1970’s. Ja, selfs oor die Hilux.

Tans is die Vigus se grootste voordeel sy bekostigba­arheid gemeet teen sy mededinger­s. Kom ons gee hom ’n kans.

SPESIFIKAS­IES

Sesganghan­dratkas ■ Maksimum krag: 90 kW

teen 3 800 r/min. ■ Maksimum wringkrag: 290 N.m van 1 600 r/min. tot 1 750 r/min. ■ Vering: Dubbelmikv­ering

voor en bladvere agter ■ Wiele: 235/70R16-allooi ■ Topspoed: 160 km/h ■ Brandstofv­erbruik:

9,1 liter/100 km ■ Remme: Geventilee­rde skyfremme voor, trommelrem­me agter ■ Diensplan: 5 jaar of 60 000 km met versiening­s elke 10 000 km, met ’n 3-jaar/ 100 000 km-waarborg. ■

 ??  ?? JMC se Vigus lyk met die eerste oogopslag na ’n maar kom tot sy reg op plaaspaaie.
JMC se Vigus lyk met die eerste oogopslag na ’n maar kom tot sy reg op plaaspaaie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa