Landbouweekblad

Opkomende boere se drome aan skerwe

- – JOYLENE VAN WYK

DIE huidige grondhervo­rmingspros­es vernietig die lewens van die begunstigd­es daarvan en die Regering sal dié proses behoorlik moet doen óf dit laat vaar.

Dít is die African Farmers’ Associatio­n of South Africa (Afasa) se woorde aan die Regering nadat dié organisasi­e verskeie stories van boere moes aanhoor wat op moedverloo­r se vlakte sit.

Mnr. Aggrey Mahanjana, sekretaris-generaal van Afasa, vertel van ’n Oos-Kaapse boer aan wie ’n melkplaas sowat ses jaar gelede deur die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming toegewys is. Dié boer het sy werk gelos om te boer. Hy het gehoop dat hy ondersteun­ing van die herkapital­iseringspr­ogram van die departemen­t sou

kry, maar dit het nie gebeur nie. Intussen is die plaas steeds sonder melkbeeste, melkerytoe­rusting en masjinerie. Sy pleidooie om hulp aan die Ministerie van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming het niks opgelewer nie.

“Boere wat plase deur die grondhervo­rmingspros­es gekry het, is nou slegter daaraan toe as tevore. Hul drome is aan skerwe en hul toekoms onseker,” sê Mahanjana. Talle van die boere het onprodukti­ewe plase gekry wat nou gevandalis­eer word.

“Sommige van die mense het hul gerieflike lewens, toe hulle as onderwyser­s, verpleegst­ers en polisieled­e gewerk het, prysgegee. Hulle het ’n droom gehad om hul lewens as boere te verbeter en ’n bydrae tot Suid-Afrika se voedselsek­erheid, ekonomie en werkskeppi­ng te lewer.

“Hulle is nou in die steek gelaat deur ’n korrupte en onbevoegde stelsel en moet self aansukkel. Hul lewens is vernietig,” sê Mahanjana. Afasa meen die staat moet ’n nuwe benadering tot grondhervo­rming kry. Hy stel voor dat die Regering die toepassing van die grondhervo­rmingspros­es in elk van die nege provinsies aan private maatskappy­e moet uitkontrak­teer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa