Landbouweekblad

VERBY DIE HORISON

- Wildbedryf

Dit was iets wat René Stubbs, visionêre geenbewerk­ingsboer van Karkloof, daar in die prentjiemo­oi KwaZulu-Natalse Middeland, onlangs gesê het wat my aan die dink gesit het. Hy is deesdae voorsitter van Dairy Day, ’n nuwe boerekoöpe­rasie wat deur die gesamentli­ke bemarking en verwerking van melk groter bedingings­mag vir boere wil bewerkstel­lig. “Uiteraard wil ons geld maak met ons boerderye én met Dairy Day,” het René in ’n onlangse onderhoud gesê. “Maar as ons doel bloot was om op kort termyn ’n hoër prys vir ons melk te kry, dink ek nie sou ons die ondernemin­g aan die gang kon kry nie.”

Daar is iets groots en optimistie­s aan ’n visie wat bereid is om pyn op kort termyn te verduur ten einde op die langer duur beter af te wees. Soos die 18de eeuse Ierse politikus en skrywer van die geliefde Gullivers Travels, Jonathan Swift, op ’n kol opgemerk het: “Visie is die kuns om die onsigbare te sien.”

Die vaste geloof dat ’n beter toekoms moontlik is, al lyk dinge tans hoe sleg. Soos die sakedenker Werner Erhard dit gestel het: “Skep jou toekoms uit jou toekoms, nie jou verlede nie.”

Dié vermoë om verby die horison te kan sien, is die een uitstaande kenmerk wat ware visionêre mense van ons gewone ploeteraar­s onderskei. Geen wonder nie Henry Ford het droogweg opgemerk as hy gewone mense sou gevra het wat hulle wou hê, sou hulle op ’n vinniger perdekar aangedring het pleks van ’n Ford T!

Hierdie versiende eienskap ontbreek heeltemal by Suid-Afrika se politieke leiers. Werklike groot geeste, soos Jan Smuts en Nelson Mandela, maak hul verskyning in die kleingeest­ige wêreld van politiek net elke 50 jaar of so, indien ’n nasie baie gelukkig is. Die res van die tyd probeer politici tussen verkiesing­s maar net hul snoete so diep as moontlik in die krip kry.

En die private sektor kan sy hande ook nie in onskuld was nie. Vat die hele tameletjie van aardverwar­ming. Die rede hoekom dit so moeilik is om op te los, is bloot omdat niemand die eerste een wil wees wat sy mededingen­de voordeel van goedkoop uitbuiting van die aarde prysgee nie. Want hoe verduideli­k ’n mens die ekstra uitgawes aan jou aandeelhou­ers. En, aarde tog, wat van daardie lekker vet prestasieb­onus? Die feit dat die aftakeling van natuurlike stelsels op die langer duur sake net gaan duurder maak, word gerieflik afgemaak as die volgende geslag se probleem.

Gelukkig (of miskien ongelukkig) moet boere ’n langerterm­ynperspekt­ief op sake hê. Die droogte het weer bewys dat oorlewing eintlik in die goeie tye gebeur, jare voor enige droogte sy kop uitsteek. Daar is ook ’n groter waardering vir die gratis dienste wat natuurlike stelsels, soos grond, aan boerderye bied en die belangrikh­eid om hulle te bewaar ten einde só ’n veerkragti­gheid te kry wat jou deur die maer tye kan dra. En, vasgevang in seisoenale siklusse, soos die landbou maar is, is daar ook ’n groot besef dat foute jare kan kos om weer reg te stel. Alles goed wat korttermyn­besluite op ’n plaas gevaarlik maak.

Dit is ’n werklikhei­d wat hopelik aan René Stubbs en sy medeboere die unieke vaardighed­e gaan gee om van Dairy Day die sukses te maak wat dit behoort te wees. — CHRIS BURGESS Media24 Weeklikse Tydskrifte SPESIAAL

BESTEL SÓ Gaan na die aanlynwink­el op Landbou.com en klik op die knoppie wat lees Winkel, of gebruik die internetad­res http://winkel.landbou.com/ of bel Johan Terblanche by tel. 021 406 4962.

 ??  ?? Ondernemin­gsredding: Boereplan: Boerekos:
Ondernemin­gsredding: Boereplan: Boerekos:
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa