Landbouweekblad

BOEREKOS MEER AS NET ’N BOEK

- Kimberley Pretoria

Landbou Boerekos se winteruitg­awe van 2016 is nie ’n tydskrif nie. Dit is ’n padkaart, ’n “hartkaart” deur my kinderjare.

Dit is seker hoe dit voel as die spreekwoor­delike my-lewe-het-voor-myafgespee­l-gevoel ’n mens tref, dink ek waar ek in die flou winterson die jongste Boerekos deurblaai. Net deurblaai!

Die hartkaart neem my gedagtes terug na prentjies van my lewe wat diep weggebêre lê. Verskeie mense, ook hulle wat nou die kontrei met die goue strate bewandel, kom groet my asof ons mekaar gister laas gesien het.

Die onthou begin by Mamma Goofy se mielieblom­pap en dis byna of ek die kaneel kan proe.

Ek ruik die lemoene in die kar wat ons langs die pad koop met een van die ontelbare reise Kaap toe en terug.

Onthou jy die verruklike

lê, want dis nog donker” en is toegewikke­l in ’n kombers op die riempiesba­nkie in vrede gelaat.

En, ja, net môre maak ek dompels of, soos ons familie gesê het, tuisgemaak­te roomys uit Tannie Meiring se vrieskas?

En daardie drupvet skaaptjopp­ies wat Pa Lambert tussen die gousblomme braai op een van ons vele uitstappie­s op ’n Sondag in die lente tussen Vredendal en Klawer met die Maskamberg op die agtergrond.

Ek onthou duisende eetervarin­gs van somervakan­sies op Lambertsba­ai, piekniekui­tstappies na Niewoudtvi­lle se waterval en ander plekke in die kontrei en Sondagmidd­ag-plaaskuier­s by vriende rondom Vredendal.

Nee, wag, ek sal langsaam moet lees aan hierdie padkaart, nes ’n mens teug aan ’n gesteelde blikkie kondensmel­k met twee gaatjies in die deksel sodat die soet onthou en proe en ruik van die verlede lank kan hou.

Gelukkig is dit darem skoolvakan­sie! SUSAN KOEN “maagbomme”.

Laat hierdie tydskrif tog nooit “afsterwe” nie. INA HOLTZHAUSE­N Ons vervaardig en installeer sinkdamme en sinktenks van die hoogste gehalte, sowel as hoëgehalte-voerings vir grond- en sementdamm­e. Sinkdamme en tenks word vervaardig van 0,8 mm-Aluzink met ‘n 850 g/m²-PVC-voering en het ‘n 10-jaar-waarborg. Groottes van 1 kl tot 405 kl, maar ons vervaardig ook om by kliënte se behoeftes aan te pas. HDPE-voerings is die perfekte oplossing om wateropber­ging in gronddamme te verseker. Groot en klein damme van enige vorm kan gedoen word. Kom met ‘n 15-jaar-waarborg. Materiaald­ikte van 1 mm tot 3 mm beskikbaar.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa