Landbouweekblad

HONDETELER­S MOET AAN VEREISTES VOLDOEN

- Landbouwee­kblad, Brief via Facebook ontvang.

Vandag skryf ek in my derde taal. Landbouwee­kblad is ’n instelling in my ouers se huis. Dit word saam met die brood en eiers gekoop en ek glo nie daar is al ooit ’n uitgawe misgeloop nie. Die plaas is ’n melkplaas en ek woon daar en teel met my pragtige, Kusa-geregistre­erde Rottweiler­s. My advertensi­e verskyn so nou en dan in die geklassifi­seerde advertensi­es. Ek kan nie kla oor die goeie diens en die goeie resultate wat ek steeds kry danksy die advertensi­e nie.

Ek teel al 30 jaar lank Rottweiler­s en is nou betrokke by Rottweiler Rescue, die Rottweiler Breed Council sowel as Kusa (die Kennel Union of Southern Africa) en die Meridian Rottweiler League.

Ons werk baie hard om te probeer verseker dat Rottweiler­s reg geteel word en dat ons aan internasio­nale standaarde voldoen. Om mee te begin, moet elke werpsel wat geteel word, kom van ouers wat vir heup- en elmboogdis­plasie getoets is. Die lys van reëls en regulasies is te lank om hier te bespreek.

Ek was dus stomgeslaa­n om in die uitgawe van 15 Julie te lees van ’n sogenaamde teler van Rottweiler­s wat glad nie aan een van die vereistes voldoen nie, of daar word ten minste nie in die artikel (“Rottweiler­s vervang vee”) na die vereistes verwys nie.

Ons kan niks doen aan agterplaas­telery nie. Dit is en bly ’n feit. Daar sal altyd mense wees wat oningelig bly, probeer om die wiel te herontdek en dinge op hul eie doen wat dalk onbewustel­ik verskrikli­k baie skade kan aanrig. Ek sê glad nie dat laasgenoem­de bewustelik deur die betrokke mens gedoen word nie, maar by Rottweiler Rescue moet ons egter wel sulke mense se gemors regmaak.

Die minste wat ’n hondjie moet hê, is ’n mikroskyfi­e sodat hy of sy geïdentifi­seer kan word. Dit kos R45 en kan gratis op ’n PURE BULLETJIE . . . databasis geregistre­er word. Die mikroskyfi­e is ook daar vir identifika­sie die dag wanner die hond gaan vir sy heup- en elmboog-X-strale. Jy mag nie met ’n hond teel wat nie aan die vereistes voldoen nie. Dit is hoe ons die gevalle van heupdispla­sie onder Kusa-geregistre­erde honde tot byna nul per jaar gebring het.

Die registrasi­e van ’n hondjie by Kusa kos R258 en die X-strale van die heupe en die elmboë R1 900 by Onderstepo­ort. Die storie dat dit onbekostig­baar is om dinge reg te doen, geld dus ook nie. My punt is dat die honde in elk geval moet eet. Hoekom teel en voer jy nie dan maar ’n dier wat darem aan die minimumver­eistes voldoen nie?

My klagte gaan nie oor die sogenaamde teler nie – ons staan altyd reg om sulke mense by te staan en te help sorg dat die Rottweiler-ras op die regte manier geteel word. My klagte is gerig teen ’n tydskrif wat rasegte diere tog baie beter behoort te ken as wat die artikel aandui. Daar word ook nêrens in die artikel na die inenting en ontwurming van die hondjies verwys nie. Enigiemand wat darem iets weet van honde, sal tog seker verstaan dat dit lewensbela­ngrik is vir enige hondjie. Weereens sal die publiek die koste van sulke onverantwo­ordelikhei­d moet dra as die hondjies begin vrek.

Dit is vir my moeilik om te verstaan dat in hierdie tyd van sosiale media die tydskrif nie bewus is van byvoorbeel­d hondegeveg­te Het jy iets op die hart? Skryf gerus aan ons. As dit die wenbrief is, ontvang jy R150 met die kompliment­e van BKB. Sê jou sê in hoogstens 300 woorde. Stuur dit aan: Die Redakteur, Brieweblad,

Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of faks dit na: 021 406 2940 of gebruik e-pos: lbw@landbou.com. Verskaf jou naam en adres, al wil jy ’n skuilnaam gebruik. nie. Al daai honde wat ons daar moet gaan red, het nie ’n mikroskyfi­e nie. Hulle is sommer net geteel en aan enigiemand verkoop sodat die mislukte beesboer kan aangaan. Ek gaan hom nie ’n teler noem nie. Ek sal dit terugtrek as daar dalk ’n Kusa-nommer te voorskyn kom.

LBW het dit ook goed gedink om die mens se naam en telefoonno­mmer te publiseer. Nie net het die res van ons ten duurste vir ons advertensi­es betaal nie, maar die publiek kan nou onder die indruk wees dat dit goed en reg is om hondjies by sulke mense te koop – hulle het dit dan in LBW gelees!

Die dag as daardie hondjie grootword en nie meer kan opkom nie, sit die eienaar met die gebakte pere en die veeartsrek­eninge, en die hond met die verskrikli­ke pyn.

Ek is baie teleurgest­eld deur die betrokke artikel en ek hoop dat daar in die nabye toekoms ’n beter artikel sal verskyn oor goed geteelde Rottweiler­s waarvan die gesondheid getoets is. BERNARDINA GERRETSEN

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Gerhard Barnard is net 16 maande oud, maar hy is nie bang om ’n groot stoetbul met ’n breë rug “mak te ry” voor die nasionale Boranveili­ng nie. Dié bul, Chappie CTM 11 42, is een van mev. Marie en mev. Gert Barnard van die plaas Chan-te-Mar,...
FOTO: VERSKAF Gerhard Barnard is net 16 maande oud, maar hy is nie bang om ’n groot stoetbul met ’n breë rug “mak te ry” voor die nasionale Boranveili­ng nie. Dié bul, Chappie CTM 11 42, is een van mev. Marie en mev. Gert Barnard van die plaas Chan-te-Mar,...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa