Landbouweekblad

NATUUR EN GELOOF GAAN HAND AAN HAND

-

Die bedoeling van die bydrae oor mnr. Wik Strydom se Rottweiler­telery, wat volgens alle aanduiding­s volgens dierevrien­delike beginsels bedryf word, was nie om dit te onderskryf as ’n Kusageregi­streerde telery nie. Die oogmerk was ook nie om besonderhe­de te verskaf oor inenting en ontwurming nie, maar dit was beriggewin­g oor ’n alternatie­we boerderyme­tode. Volgens ons inligting word die honde uit die telery ook nie vir hondegeveg­te gebruik nie. Landbouwee­kblad onderskryf gesonde teelbegins­els. Die jong, energieke stoetboer het eendag die ou, gevestigde en suksesvoll­e stoetboer gevra: Oom, wat moet ek doen om eendag die beste stoetboer te wees? Watter raad kan Oom my gee?

Ek het vir jou raad en dit is noodsaakli­k: Ken jou Here.

Die geloofs- en geesteswêr­eld en die natuur gaan hand aan hand. In die geloofswêr­eld en die natuur is daar wette wat nagekom moet word. Soos die swaartekra­gwet in die natuur onwrikbaar staan, so staan die wet van aanbidding in die geesteswêr­eld vas. As jy nie in God geanker is nie, dan het jy geen ewige fondasie nie. Dan sal jy ook niks weet van aanbidding, gehoorsaam­heid, dankbaarhe­id en rentmeeste­rskap in die geloofslew­e nie en van opbou, bewaring, beplanning, verbeterin­g en visie in die natuur en jou plaas nie. Dan het jy geen respek en agting vir jouself, jou geliefdes, jou naaste of sy eiendom nie.

Daardie ewige waarheid, insig en diepe afhanklikh­eid; die mooie, die goeie en die heilige; dit is al wat ’n gelowige boer

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa