NAMIBIËRS MOEDELOOS OOR SPEENKALWERS
NUWE Suid-Afrikaanse regulasies oor die invoer van lewende hawe veroorsaak groot ontevredenheid onder Namibiese boere wat afhanklik is van speenkalfuitvoer én by die Suid-Afrikaanse voerkrale en slagplase wat dié speenkalwers koop.
Nadat dié regulasies op 1 Julie in werking getree het, het speenkalf-invoer uit Namibië tot stilstand gekom.
Die nuwe regulasies is geskoei op die internasionale dieregesondheidsorganisasie (OIE) se voorskrifte, wat streng minimum standaarde vir die uitvoer van lewende hawe bevat (lees die kassie “Dié invoerregulasies geld nou”). Daar word reeds sedert 2014 oor die regulasies gekonsulteer.
Die nuwe invoerregulasies is ingestel om beter beheer daar te stel ten einde te verhoed dat aansteeklike siektes oor die grens versprei. Dit bepaal dat ingevoerde vee voldoende getoets en onder kwarantyn geplaas moet word voor hulle met plaaslike vee in aanraking kom.
Om Suid-Afrikaanse voerkrale en slagplase tegemoet te kom, het die departement ’n stel minder streng standaardbedryfsprosedures (SOP, lees die kassie “Die standbedryfsprosedures”) opgestel ingevolge waarvan
DIÉ INVOERREGULASIES GELD NOU
Die vernaamste bepalings van die nuwe regulasies oor lewendehawe-invoer uit Botswana, Lesotho, Swaziland en Namibië is soos volg: ■ Alle diere in ’n kudde moet getoets word vir brucellose en longsiekte (tuberkulose). ■ Hulle moet meer as 30 dae voor uitvoer teen dié siektes ingeënt
word, maar nie meer as ses maande voor die tyd nie. ■ Uitvoerdiere moet voor uitvoer in ’n aparte kamp gehou word en ’n lys van die vee se oorplaatjies moet na die finale bestemming gestuur word. ■ Slegs verse van jonger as 18 maande wat teen brucellose ingeënt is toe hulle vier maande tot agt maande oud was, hoef nie getoets te word nie. ■ Die op- en aflaai van hierdie vee moet onder ’n veearts se toesig die nodige permitte uitgereik word mits hulle voldoen aan die minimum vereistes.
Kenners meen ’n gesloer deur die departement om die nodige permitte vir uitvoer uit te reik, is die groot vlieg in die salf.
PROSEDURES
Dr. Pieter Prinsloo, ondervoorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), verduidelik dat die bestaande regulasies in die Dieregesondheidswet saamgevat is en die SOP omskryf. Die onderskeie voerkrale en slagplase kan self ’n SOP opstel en aan die departement voorlê vir goedkeuring.
“As die SOP voldoen aan die vereistes soos deur die departement bepaal word, kan die voerkraal of slagplaas goedkeuring kry om lewende diere uit Namibië in te voer, mits die nodige permit uitgereik is,” sê hy.
’n Vertraging in die uitreiking van die permitte steek egter ’n stok in die wiel.
“Die grootste probleem tans is die gebrekkige kommunikasie tussen die departement op nasionale vlak en sy provinsiale direktorate. Die RPO is ook bekommerd oor die gebrek aan vermoë om lewende diere die land in te bring.
“Die Namibiese veeartsenykundige diens is uiters doeltreffend, maar in Suid-Afrika is daar ’n gebrek aan genoeg veeartse om die nodige inspeksies by voerkrale en slagplase uit te voer. Groter voerkrale het wel in sekere gevalle ’n private veearts om die nodige inspeksies te doen, maar dit is nie vir almal moontlik nie. Die verantwoordelikheid vir inspeksies lê buitendien by die staat, nie die private sektor nie,” sê Prinsloo.
Hy wys ook daarop dat die regulasies nie net op die invoer van speenkalwers van toepassing is nie. Dit geld ook bokke, skape en ander vee wat ingevoer word. “Alle lewende diere word deur die regulasies geraak.”
geskied. Alle entings- en behandelingsrekords moet ook aan dié veearts voorgelê word, wat dan met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se goedkeuring ’n invoerpermit uitreik.
DIE STANDAARDBEDRYFSPROSEDURES
■ Vir invoer na geregistreerde slagplase is die doel van die standaardbedryfsprosedures (SOP) om te verseker dat vee getoets word vir brucellose en longsiekte, in geseëlde vragmotors oor die grens kom en dat die seël slegs in baie spesifieke toestande gebreek word voor die diere geslag word. ■ Vir invoer na geregistreerde voerkrale skryf die SOP voor dat die diere ook in geseëlde vragmotors vervoer word, dat die voerkraal prakties gesproke soos ’n kwarantyngebied vir vee funksioneer en dat ingevoerde diere nie in aanraking kom met plaaslike diere of uit die voerkraal op die plaaslike veemark beland nie.