Landbouweekblad

NAMIBIESE BULLE VREET AANLYN

- CHARL VAN ROOYEN

HAP vir hap kan Kanadese kundiges waarneem hoe bulle in ’n voerstasie in Namibië hulle aan hul voer verlustig, terwyl die inligting deurentyd verwerk word sodat die boere wie se bulle getoets word, uiteindeli­k die beste bulle uit die bestes vir teeldoelei­ndes kan behou.

Dit klink futuristie­s, maar is presies wat ’n projek van twee Namibiese swaers, mnre. Mecki Schneider van Grootfonte­in en Ebbi Fischer van Hochfeld, behels. Hulle het ’n uiters moderne, outomaties­e voerstasie by die Kanadese maatskappy GrowSafe gekoop waarmee hulle meet watter bulle hul voer die beste in vleis omsit sodat net hulle vorentoe vir teeldoelei­ndes gebruik kan word.

Die voerstasie op Fischer se plaas is pas aan ander boere bekend gestel en Landbouwee­kblad is deur die twee boere genooi om die geleenthei­d by te woon. Dit is die eerste voerstasie in sy soort in Afrika. Me. Alison Sundstrum, hoof- uitvoerend­e beampte van GrowSafe, het al die pad van Kanada gereis om ook daar te wees, asook verskeie Suid-Afrikaanse kundiges, waaronder prof. Norman Maiwashe, hoofbestuu­rder van die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Diereprodu­ksie, prof. Michiel Scholtz, spesialisn­avorser van dieselfde instituut, en

dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan Suider-Afrika.

Schneider en Fischer het gewys hoe die voerstasie deur die internet vanuit Kanada gemonitor word. Elke hap voer wat ’n bul vat, word by sy aantekenin­ge bygewerk deur middel van ’n oorplaatji­e met sagteware wat op die rekenaar registreer wanneer hy vreet. Hy word terselfder­tyd geweeg.

Uiteindeli­k weet die boere presies hoe doeltreffe­nd hy voer in vleis omsit. Dit is ’n genetiese eienskap wat na sy nageslag oorgedra kan word.

Landbouwee­kblad publiseer eersdaags ’n volledige artikel oor die Namibiërs se projek, asook talle kenners se mening oor die voordele daarvan.

Landbouwee­kblad

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Me. Alison Sundstrum (middel) van GrowSafe in Kanada by die bekendstel­ling van mnre. Ebbi Fischer (links) en Mecki Schneider se voerstasie op Hochfeld in Namibië.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Me. Alison Sundstrum (middel) van GrowSafe in Kanada by die bekendstel­ling van mnre. Ebbi Fischer (links) en Mecki Schneider se voerstasie op Hochfeld in Namibië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa