Landbouweekblad

‘KOPSKUIF OOR VERGOEDING NODIG’

- CARIEN KRUGER

MEER hofuitspra­ke is nodig oor die faktore betrokke by die bepaling van vergoeding wanneer grond vir grondhervo­rming onteien word.

Só sê prof. Elmien du Plessis van die NoordwesUn­iversiteit, wie se doktorsgra­ad oor vergoeding vir onteiening gehandel het, oor ’n onlangse uitspraak in die Grondeiseh­of. In die uitspraak het waarnemend­e regter Tembeka Ngcukaitob­i benadruk dat markwaarde nie die enigste of belangriks­te faktor is nie.

Hy het beslis dat die boer aan wie die stuk grond naby Middelburg, Mpumalanga, behoort, en wat in ’n grondeis aan ’n huurarbeid­er toegeken is, nie R4,3 miljoen, vir toekomstig­e waarde, of R1,8 miljoen, vir landbouwaa­rde, moet ontvang nie, maar R1,5 miljoen.

Du Plessis sê dit is een van die min kere waar ’n regter in ’n grondhervo­rmingsaak voldoende aandag gee aan faktore buiten markwaarde. Sy sê dit gee “’n ryker interpreta­sie” aan ’n vorige uitspraak in die Grondwetho­f waarvolgen­s ’n tweestapbe­nadering gevolg moet word – markwaarde word as die wegspringp­lek gebruik, maar dan word ander faktore in ag geneem word om die waarde op of afwaarts aan te pas.

KONTEKS

Du Plessis sê dit is duidelik die regter het groot oorweging geskenk het aan die feit dat die huurarbeid­er, mnr. Msindo Phillemon Msiza, se familie sedert 1936 al op die grond was.

“Die huidige eienaars het die grond onderhewig aan die huur arbeider se grondeis gekoop. Hulle kon die grond nog nooit vir enigiets anders gebruik het nie.”

Du Plessis sê baie mense moet nog die kopskuif maak dat billike en regverdige vergoeding nou die grondwetli­ke maatstaf is. Sy benadruk dat billike en regverdige vergoeding ’n konteksged­rewe vraag is wat van saak tot saak sal verskil.

“Mense moet meer geloof in die regstelsel hê. Regters se doelwit is nie om boere te benadeel nie. Hulle sal alle faktore in ag neem. Wat in dié geval billik is, is nie noodwendig billik in ’n volgende geval nie.

“Omdat billike vergoeding só Du Plessis sê die lang sloering met grondeise skep baie onsekerhei­d. “As ’n boer meer sekerheid sou gehad het dat ’n eis op sy grond vinnig afgehandel gaan word, dat daar ’n goeie kans was dat die eis sou slaag en dat hy net billike en regverdige vergoeding kon verwag, kan hy dit vanuit die staanspoor in sy beplanning in ag neem.”

Du Plessis sê dit is verder belangrik om die groter prentjie in gedagte te hou.

“Die Grondwet waarborg nie jou eiendomsre­g nie, maar wel dat ’n sekere proses gevolg moet word indien ’n onteiening plaasvind, en dat vergoeding betaal moet word.”

 ??  ?? Prof. Elmien du Plessis
Prof. Elmien du Plessis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa