Landbouweekblad

BUURMAN VERKOOP TEEN DUBBEL DIE PRYS

- CARIEN KRUGER

DIE trustees van die grond naby Middelburg, Mpumalanga, wat in ’n grondeis aan ’n huurarbeid­er toegeken is, is teleurgest­eld met die uitspraak, sê hul regsvertee­nwoordiger, mnr. Danie Schutte.

Die bedrag van R1,5 miljoen wat regter Tembeka Ngcukaitob­i as vergoeding bepaal het, beteken die Uyse gaan sowat R33 000/ha vir die 45 ha ontvang. “Ons oorweeg nog die uitspraak, maar sal waarskynli­k appèl aanteken.”

Schutte sê daar was verskeie vertraging­s in die afhandelin­g van die grondeis wat reeds in 1996 ingedien is. Die aansoek vir die bepaling van die vergoeding­sbedrag is in 2012 ingedien. Slotbetoë is in Oktober verlede jaar gelewer.

“Geen sinvolle langtermyn­beplanning is in sulke toestande moontlik nie.”

In ’n stadium het die Grondeiseh­of die hele plaas van 352 ha aan die eiser toegeken, maar die eiser het op regsadvies daarvan afstand gedoen. Schutte sê die trustees, mnre. Johan en Dirk Uys, se planne om die hele plaas vir woongebrui­k te ontwikkel danksy die natuurskoo­n, ligging naby Middelburg en die dam op die plaas, was reeds ver gevorder.

“Dié potensiaal, gekoppel aan groei die laaste dekade in die waarde van ‘gewone’ landbougro­nd in dié gebied, regverdig reeds ’n veel hoër waarde.”

Die Uyse sou steeds met ’n ontwikkeli­ng kon voortgaan, maar sal nuwe studies moet laat doen. Volgens mnr. Dirk Uys is bure van die plaas in die proses om 600 ha grond teen R60 000/ha te verkoop.

‘DEPARTEMEN­T WEET NOU WAT OM TE DOEN’

Howe het voorheen foutieweli­k meer waarde aan markwaarde as ander faktore geheg, wat vergoeding baie duur gemaak het, sê mnr. Thabiso Mbhense (links) van die Legal Resources Centre. Hy het namens mnr. Msindo Phillemon Msiza (regs), ’n huurarbeid­er, in die saak opgetree. Volgens Mbhense wil Msiza op die grond bly en boer. “Hy kan nou daar doen wat hy wil. Hy kan meer beeste aanhou of hy kan meer plant, hy is nou vry om dit te doen – solank die drakrag van die grond dit toelaat.”

Mbhense meen die uitspraak kan help om grondeise in die algemeen vinniger af te handel.

“In ’n hele aantal grondeise baklei die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondsake oor die koopprys. Die departemen­t weet nou wat om te doen.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa