Landbouweekblad

GRAAN| Wit mielies al hoe skaarser

-

Dit is onseker of Suid-Afrika in die volgende maande genoeg wit mielies sal kan invoer om in die nasionale vraag te voorsien.

Volgens die jongste amptelike statistiek­e tot middel Julie is in byna ’n derde van die bemarkings­jaar (sedert begin Mei) altesaam 93 990 ton wit mielies uit Amerika en Mexiko ingevoer. Dit is minder as ’n tiende van die beraamde 1,1 miljoen ton invoermiel­ies wat nodig is om in Suid-Afrika se behoeftes te voorsien.

Intussen waarsku mnr. Wandile Sihlobo van die landbousak­ekamer Agbiz dat daar tans ’n tekort aan wit mielies op die internasio­nale mark is. Daar is reeds vroeër berig dat Amerika nie meer wit mielies vir uitvoer beskikbaar het nie.

Die produsente-organisasi­e Graan SA beraam dat Suid-Afrika se verbruik van wit mielies in die huidige bemarkings­jaar, tot einde April 2017, sowat 4,3 miljoen ton behoort te beloop.

Die verwagte plaaslike witmielie-oes is net 3,097 miljoen ton. SuidAfrika voer ook steeds mielies na buurlande uit. Teen middel Julie het die totale uitvoersyf­er op 13 264 ton gestaan, waarvan 62% wit mielies was en die res geel.

Lesotho het die meeste wit mielies ingevoer, gevolg deur Botswana, Namibië, Zimbabwe en Swaziland.

Sihlobo sê omdat Suid-Afrika vanjaar ’n netto invoerder van grane en oliesade gaan wees, behoort die plaaslike pryse van nou af die toonaangew­ende Chicago-beurs se markbewegi­ngs na te volg.

Daarby het die wisselkoer­s-bewegings van die rand teenoor die Amerikaans­e dollar ook ’n groot invloed op die plaaslike mark. Dit behoort tot Oktober vanjaar die hoof-aandrywer op die plaaslike mark te bly, ten minste tot die Suid-Afrikaanse planttyd begin, sê hy.

Plaaslike sojaboonpr­yse is besonder wisselvall­ig weens wisselvall­igheid op internasio­nale markte, en parsmarges is steeds onder druk.

— MARLEEN SMITH

 ?? FOTO:NIEKIEGROB­LER ?? Skaapkarka­sse op die plaas van mnr. Niekie Grobler by Steynsrus, waar 96 skape en 20 beeste binne twee maande gesteel is.
FOTO:NIEKIEGROB­LER Skaapkarka­sse op die plaas van mnr. Niekie Grobler by Steynsrus, waar 96 skape en 20 beeste binne twee maande gesteel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa