Landbouweekblad

VEEDIEFSTA­L KOS VRYSTAAT MILJARDE

- — MARLEEN SMITH

TEELBULLE ter waarde van R450 000 wat gesteel en later geslag in die veld gekry is, vorm deel van ’n ernstige toename in veediefsta­l in die Vrystaat.

Die aantal veediefsta­l-voorvalle wat sedert die begin van die jaar by Vrystaat Landbou en VKB se veiligheid­slessenaar aangemeld is, toon ’n beduidende styging, asook die aantal diere wat per keer geslag word, sê me. Alani Janeke, woordvoerd­er.

Navorsing deur mnr. W.A. Lombard van die Universite­it van die Vrystaat wys dat die provinsie regstreeks­e verliese van R1,5 miljard per jaar weens skaapdiefs­tal ly. Dit bring nie verliese aan stoet- en teelmateri­aal in berekening nie.

Vrystaat Landbou beraam dat skaapdiefs­tal alleen Vrystaatse boere sowat R2 miljard per jaar kan kos. Die totale verliese weens veediefsta­l is dus astronomie­s, veral as in ag geneem word dat 60% tot 70% van alle veediefsta­l volgens navorsing nie aangemeld word nie.

Veral die distrik Steynsrus loop in die afgelope maande deur, sê Janeke. Veediewe het daar van April tot Junie 20 tot 31 stuks skaap per keer in drie voorvalle in die veld geslag.

Die probleem is op Vrystaat Landbou en die provinsial­e polisiedie­ns se gebruiklik­e tweemaande­likse bestuursve­rgadering op hoë vlak bespreek.

BRANDPUNTE

Mnr. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou se komitee vir wet en orde, sê hul oudit van die landelike beveiligin­gsplan het tien distrikte as brandpunte uitgewys. Die organisasi­e se strukture gaan die polisie help om veiligheid te verbeter. Die distrikte is Bethlehem, Ficksburg, Bloemsprui­t, Harrismith, Phuthaditj­haba, Selosesha, Zastron, Heilbron, Vrede en Bothaville.

Nog ’n probleem wat boere uitgewys het, is die oornag-oprigting van grafstene op plase ter wille van restitusie-eise – sonder die grondeiena­ars se medewete. Esterhuyse doen ’n beroep op boere om enige sulke verdagte optrede en voorvalle by Vrystaat Landbou en die polisie aan te meld. Hy het die polisie vir goeie verhouding­e bedank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa