Landbouweekblad

PLUIMVEE | Astral sal produksie moet inkort

-

Duur voer, groot hoeveelhed­e ingevoerde hoendervle­is en die druk waaronder verbruiker­s is, plaas groot druk op plaaslike hoenderpro­dusente.

Die genoteerde produsent Astral sê in ’n verklaring op Sens, die JSE se nuusdiens, dat hy produksie sal moet afskaal.

Mnr. Chris Schutte, uitvoerend­e hoof, sê die invloed van bogenoemde drie faktore was in Astral se derde kwartaal, wat op 30 Junie geëindig het, erger as wat vroeër verwag is.

Voerkoste sal na verwagting bly styg totdat verwagting­e vir ’n beter mielie-oes in die produksiej­aar 2016-’17 ’n werklikhei­d word. Die Astral-groep het ’n invoerprog­ram vir mielies om die risiko van tekorte te versag en ook as teenwig teen die voortduren­de styging in die plaaslike mielieprys.

Schutte sê die bedryf beleef verder rekordvlak­ke van hoendervle­isinvoer, terwyl daar reeds ’n ooraanbod in Suid-Afrika is. Dit, tesame met ’n verbruiker­smark wat onder druk is, druk verkoopspr­yse af en dwing die groep om verder in sy produksiek­etting af te skaal sodat die voorraad op ’n bestuurbar­e vlak kan wees en die situasie van ’n ooraanbod só kan aandag kry.

“Die invloed van die beoogde produksie-inkorting sal ongelukkig ’n nadelige invloed op die werkmag hê omdat hulle minder ure sal werk.”

Schutte sê daar is middelgroo­t tot groot, onafhankli­ke pluimveepr­odusente wat in erge finansiële nood is en besig is om toe te maak of in sakereddin­g geplaas word. As daar nie verligting kom wat een van die sleutelbyd­raers tot die situasie betref nie, sal Astral verdere afskaling in produksie moet oorweeg. — CARIEN KRUGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa