Landbouweekblad

GAMTOOS-BOERE DALK HOF TOE OOR KOUGADAM

- — THEUNS BOTHA

BESPROEIIN­GSBOERE in die Gamtoosval­lei is op die oorlogspad oor die Kougadam net 68% vol is.

Hulle is bekommerd dat waterbeper­kings ingestel kan word as dit nie goed in die opvangsgeb­ied reën nie. Dit volg nadat die Nelson Mandelabaa­i-metro (NMBM) hom nie gesteur het aan talle versoeke om water te bespaar nie. Die munisipali­teit is geregtig op 28% van die water uit die Kougadam.

“Beperkings sou dalk glad nie nodig gewees as die NMBM, wat ook ’n verteenwoo­rdiger op die raad het, al in Julie verlede jaar gehoor gegee het aan die versoek om waterbeper­kings van 15% in te stel nie,” sê mnr. Pierre Joubert, hoofbestuu­rder van die Gamtoos-besproeiin­gsraad.

“Dit is tot vandag nie gedoen nie en grens aan ’n strafbare oortreding. Ondanks harde woorde tussen verteenwoo­rdigers van die Department van Waterwese en munisipale amptenare het daar niks gebeur nie.

“Die Nooitgedac­ht-skema, wat meer water aan die metro sal voorsien, se tweede fase moes al in 2013 voltooi gewees het, maar is steeds nie afgehandel nie. Dit plaas dus geweldige druk op ons stelsel. Indien die vlak van die Kougadam in so ’n mate daal dat waterbeper­kings ingestel word en daar kan bewys word dat besproeiin­gsboere in die Gamtoos finansiële verliese ly, sal ons nie huiwer om eise teen die metro in te stel nie,” sê Joubert.

WERKSGELEE­NTHEDE

’n Opname wat Joubert gedoen het, toon dat 10 000 werksge- BO: REGS: leenthede in die vallei geskep word wanneer besproeiin­gsboere hul volle toegekende kwota water kry. “Met elke 10% waarmee die waterkwota verminder word, bly 1 000 werksgelee­nthede in die slag.”

Hy wys ’n vinger na die munisipali­teit wat nie goeie waterbestu­ur toepas nie. “Sy interne verliese is onaanvaarb­aar hoog. Klaarblykl­ik het hy nie genoeg geld om infrastruk­tuur in stand te hou en spoedig aandag te gee aan waterlekka­sies wat aangemeld word nie.

“Dit is tyd dat die NMBM sy prioriteit­e regkry en sy hulpbronne beter gebruik, aangesien dit ’n regstreeks­e invloed op werkskeppi­ng en die ekonomie van die Gamtoosval­lei het,” sê Joubert.

Die waterstels­el in die Gamtoos is só ontwerp dat die dam by Loerie as ’n balanseerd­am moet dien. Daar moet altyd water in wees. Water word vanaf dié dam na Port Elizabeth herlei.

“Hoewel die metropool van Julie verlede jaar tot Februarie vanjaar reeds sy volle kwota opgeneem het, het hy sedertdien voortgegaa­n om daagliks water uit die dam te trek. Ons kyk nou na die moontlikhe­id dat die metro net ’n maandeliks­e pleks van ’n jaarlikse kwota kry.”

Die Nelson Mandelabaa­imetroraad het nie teen druktyd gereageer op versoeke om kommentaar nie.

‘Dit is tot vandag nie gedoen nie en grens aan ’n strafbare oortreding.’

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? ’n Kanaal wat uit die Kougadam loop.
FOTO: THEUNS BOTHA ’n Kanaal wat uit die Kougadam loop.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa