Landbouweekblad

SA MOET MEER DOEN AS ‘SMOUS’ IN AFRIKA

-

DIE res van Afrika is ’n belowende mark vir Suid-Afrika, maar as die land bloot al meer produkte op die kontinent gaan probeer smous sonder om ook te belê, gaan daar weerstand in dié markte ontwikkel, sê dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid.

Hy het by die bekendstel­ling van ’n departemen­tele eenheid genaamd Trade and Investment Africa (TIA) gesê sowat 30% van die land se uitvoer is reeds vir Afrika bestem, en die denkwyse agter die TIA is om handel deur belegging te bevorder.

Davies sê Suid-Afrika moet nie net oor handelsint­egrasie in Afrika onderhande­l nie, maar ook met sy handelsven­note saamwerk op die gebiede van nywerheids­ontwikkeli­ng en die skep van infrastruk­tuur.

TROPJAG

Sommige lande, soos Swede, het ’n organisasi­e wat, as daar ’n groot projek elders in die wêreld begin word, dié land se maatskappy­e nooi om die projek te bespreek, asook hoe hulle mekaar kan help, het sy gesê.

By die TIA se kantoor in Pretoria bied amptenare steun aan Suid-Afrikaanse ondernemin­gs wat sake in die res van Afrika doen.

Dit bied ’n alles-in-een-diens waar al die steunprogr­amme van die departemen­t op een plek beskikbaar is.

Luidens ’n inligtings­tuk van die departemen­t is een van die doelwitte om ’n nouer verhouding tussen die Regering en die private sektor te bewerkstel­lig sodat die uitvoeren beleggings­geleenthed­e in Afrika benut kan word.

Die TIA sal hom toespits op mediumgroo­t tot groot maatskappy­e wat gereed is om uit te voer en wat Afrika as sleutelmar­k beskou.

GEDRAGSKOD­E

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa