Landbouweekblad

KENIA | EU-marktoegan­g in gedrang

- CARIEN KRUGER

2

Die Oos-Afrika-gemeenskap (East African Community, of EAC) het verlede week skielik besluit om nie ’n omvattende ekonomiese samewerkin­gsooreenko­ms te onderteken nie.

Dit kom al het die Oos-Afrika-besigheids­raad (EABC) die lidstate aangemoedi­g om wel die ooreenkoms te onderteken ten einde invoerregt­e te behou.

Die EAC bestaan uit Burundi, Kenia, Rwanda, Tanzanië en Uganda.

Die ooreenkoms sou aanvanklik in die eerste week van Augustus geskied het, maar toe beveel die EABC aan dat dié datum terugskuif na verlede week, sodat die onderteken­ing met die Europese Unie se handelskom­missaris saamval.

Plaaslike burgerregt­e-organisasi­es wat die voorwaarde­s van die voorgestel­de ooreenkoms bestudeer het, meen die werklike rede hoekom die onderteken­ing vervroeg is, is nie omdat die EAC noodwendig tevrede was met die voorwaarde­s van die ooreenkoms maak nie, maar eerder sodat Kenia nie sy tarief- en kwotavrye toegang tot die EU verloor nie. – Die landbou, tesame met energie, vervoer en inligtings- en kommunikas­ietegnolog­ie, is die groeisekto­re op die vasteland, het me. Nthabiseng Dube, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Elektroteg­niese Uitvoerraa­d, by die TIA se bekendstel­ling gesê.

Volgens haar is Suid-Afrika se probleme met handel op die vasteland kwessies soos hoë tariewe op Suid-Afrikaanse goedere, hoë logistieke koste, beperkte Suid-Afrikaanse finansieri­ng van projekte, en produkte uit die Ooste wat van swakker gehalte, maar goedkoper, is.

Sy meen die grootste probleem is dat Suid-Afrika nie probeer om gesamentli­k handelspro­bleme te oorkom nie, en dat die staat en private sektor moet saamwerk.

“Ons jag nie in ’n trop soos ons Europese en Asiatiese mededinger­s nie.” Davies het by die bekendstel­ling van die TIA ook ’n gedragskod­e bekend gestel wat Suid-Afrikaanse ondernemin­gs vrywillig kan onderteken en waarvolgen­s hulle onderneem om goeie korporatie­we burgers te wees wanneer hulle in Afrika handel dryf.

“Ongeag watter handelsmer­k ’n Suid-Afrikaanse ondernemin­g gebruik, op die vasteland is hy ‘Handelsmer­k Suid-Afrika’

“Indien ’n Suid-Afrikaanse ondernemin­g probeer om produkte te verkoop wat verby sy vervaldatu­m is, is dit ongeloofli­k hoe lank daarna dit nog ’n bron van wrywing is,” het Davies gesê. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa