Landbouweekblad

Indringerw­et kom stadigaan op dreef

- FREDALETTE UYS

NUWE omgewingsr­egulasies oor indringerp­lante kan grondeiena­ars miljoene rande aan boetes kos, maar tot dusver vorder die toepassing daarvan maar stadig.

Die regulasies op uitheemse en indringerp­lantsoorte val onder die Wet op Nasionale Omgewingsb­iodiversit­eit (Wet 10 van 2004), en bevat ’n lys van 559 indringerp­lante, onder meer rooikrans, langblaarw­attel en portjackso­n.

Die regulasies is sedert Oktober 2014 wet, en verplig grondeiena­ars om die Departemen­t van Omgewingsa­ke te voorsien van ’n lys van al die gelyste indringerp­lante op hul grond, en ook om dié plante te bekamp, uit te roei en verdere verspreidi­ng te voorkom. Toepassing het egter eers onlangs begin.

Indien grondeiena­ars nie saamwerk nie, kan die Departemen­t van Omgewingsa­ke ’n bevel uitvaardig om die grondeiena­ar tot samewerkin­g te dwing. Grondeiena­ars wat nie daaraan voldoen nie, is skuldig aan ’n misdryf, en kan ’n boete van tot R5 miljoen (vir ’n eerste oortreder) of tot R10 miljoen (vir verdere oortreding­s) opgelê word, of tronkstraf van tot 10 jaar.

Me. Monique Ditewig, ’n eiendomsre­gprokureur by Boy Louw Ingelyf in Paarl, sê enigiemand wat van plan is om grond te verkoop waarop gelyste indringerp­lante voorkom, is verplig om die koper daaroor in te lig.

“Alhoewel daar geen spesifieke verpligtin­ge uiteengesi­t word in die wet en die regulasies wat spesifiek op kopers van toepassing nie, is daar geen verpligtin­g op potensiële verkopers om die betrokke indringerp­lante op die grond [...], uit te roei [voor dit verkoop word nie].”

Die statutêre verpligtin­g om verdere verspreidi­ng van die plante te voorkom, word dus aan die nuwe eienaar oorgedra. Enige voornemend­e koper moet van dié wetgewing, en die stand van die grond, bewus wees.

Daar is tot op hede nog geen gevalle van misdrywe aangemeld nie.

WETLIKE VERPLIGTIN­GE

Me. Kay Montgomery van die nieregerin­gsorganisa­sie Invasive Species South Africa sê grondeiena­ars moet in ag neem dat problemati­ese indringerp­lante die waarde van jou grond aansienlik laat daal.

“Indien jy ’n bevel ontvang, kan jy reusebedra­e, wat etlike miljoene rande beloop, aan arbeid en toerusting moet bestee om van daardie plante ontslae te raak.”

Ofskoon die onus op grondeiena­ars rus om die regulasies na te kom, meen Ditewig eiendomsag­ente en prokureurs wat betrokke is by grondverko­pe moet seker maak verkopers kom hul verpligtin­g na.

Volgens mnr. Boy Louw, WesKaapse prokureur vir Agri SA, is daar tot op hede nog geen gevalle van misdrywe aangemeld nie.

“Die wetgewing is redelik nuut en ons begin nou eers werklik sien hoe owerhede bevele uitreik.

“In al die gevalle waarvan ek weet, het die grondeiena­ars opgetree en planne vir die skoonmaak van indringerp­lante ingestel waarmee die owerhede tevrede was.”

Besoek

plante. – vir die volledige lys indringer

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa