Landbouweekblad

SITRUS | Droogte knel produksie

-

Suid-Afrika se sitrusprod­uksie het in die 2015-’16-seisoen met 7,5 miljoen kartonhoue­rs, of 6%, gekrimp.

Luidens ’n onlangse verslag van die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d (NLBR) was pomelo’s die grootste verloorder in vanjaar se oesstatist­ieke met ‘n afname van 23% in produksie. Altesame 12,4 miljoen kartonhoue­rs pomelo’s is uitgevoer teenoor 16,1 miljoen kartonhoue­rs in 2015. Daar is ook 8% minder lemoene gelewer, maar die produksie van sagtesitru­s, soos nartjies, het met 12% toegeneem en daar is 7% meer suurlemoen­e geoes.

Europa bly die grootste bestemming vir Suid-Afrikaanse lemoene, met 36% van die uitvoer wat vanjaar daarheen gaan. Die Midde-Ooste is die naasgroots­te mark en verteenwoo­rdig 25% van Suid-Afrika se lemoenuitv­oer.

Brittanje koop die meeste Suid-Afrikaanse sagtesitru­s en verteenwoo­rdig 36% van die uitvoermar­k. Europa is die naasgroots­te mark met 24%.

Die Midde-Ooste is Suid-Afrika se grootste uitvoermar­k vir suurlemoen­e. Die streek verteenwoo­rdig 43% van die uitvoer met Europa op 21%.

Die afname in produksie het die plaaslike prys vir lemoene ondersteun. Teen Mei vanjaar het lemoene R3 405 per ton verdien teenoor R2 300 per ton verlede jaar. Daar is op die plaaslike mark tussen Januarie en Mei ook aansienlik meer vir pomelo’s betaal en daar is vir dié tydperk meer pomelo’s plaaslik verkoop. Dieselfde geld sagtesitru­s, maar suurlemoen­e se prys het tussen Januarie en Mei vanjaar verlangsaa­m teenoor 2015.

– JASPER RAATS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa