Landbouweekblad

ONSEKERHEI­D BROEI IN AARTAPPELB­EDRYF

- JOHAN VAN DER MERWE

“AS ons die weer kan voorspel, kan ons die aartappelp­rys voorspel, en dit is maar net die begin van die onsekerhei­d in die bedryf,” sê mnr. Johan Loubser, aartappelb­oer van die Sandveld, oor die komende ses maande in die aartappelb­edryf.

Die afgelope 12 maande was ’n wipplankri­t van uiterstes en rekords vir dié bedryf met ongekend hoë volumes op die markte vir ’n groot gedeelte van verlede jaar, wat baie lae pryse tot gevolg gehad het.

Van November verlede jaar tot April vanjaar is rekordhoë pryse weens lae volumes op die varsproduk­temarkte behaal en Loubser meen dit het ’n wanindruk gewek.

“Mense meen boere maak dan geld, maar hulle moet onthou dat talle boere nie ’n normale opbrengs gehad het nie en selfs niks kon oes nie. Ons almal, in ’n mindere of meerdere mate, dra nog aan die skade van 2015.”

NORMALE NEIGINGS

meer aartappels geplant is.”

Loubser voorspel dat die prys tot in Oktober van R35 tot R40 per sakkie van 10 kg sal wees.

“Van November tot einde Desember kan die prys, soos normaalweg, terugsak tot R25 tot R32 per sakkie en van 28 Desember tot middel Januarie sal die prys heel moontlik weer styg. Van middel Januarie tot Paasnaweek gaan ons egter weer klippe kou.

“Al hierdie voorspelli­ngs hang egter af van die weer, opbrengste en die beskikbaar­heid van goeie, gesonde moere. As die Wes-Kaap nie winterreën kry nie en September en Oktober is weer so uiters warm en droog in die noorde soos verlede jaar, dan verander die prentjie heeltemal. Dan moet ons ook nie die mielieprys uit die oog verloor nie.

“Dit is daarom ’n onsekere besigheid, maar ek meen ons sal nie die uiters lae volume en hoë pryse van verlede jaar weer vanjaar sien nie,” sê hy.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoof van ekonomiese en landbou-inligting by die landbousak­ekamer Agbiz, sê aartappelp­ryse kan die res van die jaar onder druk bly weens ’n swak binnelands­e vraag. Hy het statistiek­e van Aartappels SA aangehaal wat aangedui het dat aartappelv­erkope van Januarie tot Maart vanjaar met 16% gedaal het. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa