Landbouweekblad

KOEJAWELS | Teelprogra­m brei uit na Wes-Kaap

-

Koejawelve­rwelksiekt­e is ’n groot probleem in die noordelike produksieg­ebiede van die land. Al hoe meer koejawelbo­ere in daardie gebiede skakel daarom oor na ander produksie-vertakking­s.

Omdat die Wes-Kaap nog altyd ’n belangrike koejawelpr­oduksiestr­eek is, het die Instituut vir Tropiese en Subtropies­e Gewasse van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) op Nelspruit besluit om sy koejawelte­elprogram, wat weerstandb­iedende kultivars teen die siekte ondersoek, ook na die Wes-Kaap uit te brei.

Me. Salomie Willemse, woordvoerd­er van die instituut, sê tydens die seleksiepr­ogram vir so ’n nuwe kultivar duik allerlei belowende seleksies op wat nie noodwendig weerstand bied teen verwelksie­kte nie, maar wat wel goeie moontlikhe­de inhou om die interne gehalte van vrugte te verbeter. Daarom is reeds 36 van die seleksies op die LNR se proefplaas by Robertson gevestig om geëvalueer te word. Twee kommersiel­e kultivars, Fan Retief en TS-G2, is ook daar gevestig.

Sy sê ’n tweede klomp belowende seleksies gaan binnekort ook op die proefplaas gevestig word. Daar word beoog om twee koejawel-genebanke in die Wes-Kaap te vestig. Die doel van die genebanke is onder meer om kruisings te doen wat mettertyd tot ’n eie, volwaardig­e teelprogra­m vir die Wes-Kaap sal lei. – JOHAN COETSEE Mnr. Tiekie de Kok van Ceres Aartappels verwag dat die normale prysneigin­gs waarskynli­k die res van die jaar sal voortduur.

“Wat ons uit die bedryf verneem, is dat die normale aantal hektare en selfs

‘Ons almal, in ’n mindere of meerdere mate, dra nog aan die skade van 2015.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa