Landbouweekblad

STAAT SE VETERINÊRE STRATEGIE VERWELKOM

-

DIE Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het ’n nasionale veterinêre strategie bekend gestel met die doel om die gesondheid van Suid-Afrika se diere te verseker sodat genoeg kos vir die nasie geprodusee­r kan word.

Volgens die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) kan dié strategie ’n groot rol speel om die nasionale kudde te beskerm en wesenlike uitvoer van rooivleis moontlik te maak.

Die bekendstel­ling volg nadat die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid, die OIE, Suid-Afrika se veterinêre diens beoordeel het.

Die veterinêre diens speel ook ’n sleutelrol om te verseker dat vleis en ander produkte wat van diere afkomstig is, veilig is.

Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se veterinêre strategie stel ’n samehangen­de wetenskapl­ik gebaseerde en voorkomend­e veterinêre diens in die vooruitsig.

Dit is gebaseer op die huidige Suid-Afrikaanse regsraamwe­rk, evaluasiev­erslae en konsultasi­e met belanghebb­endes ingevolge die dieresiekt­ebestuursp­lan.

Die strategie is ontwikkel met die missie om die welsyn van diere en mense te verbeter deur stelsels en meganismes daar te stel vir die voorsienin­g van ’n doeltreffe­nde veterinêre diens. Dié diens moet die vermoë hê om diere- en openbare gesondheid­srisiko’s te verhinder, op te spoor, te beperk en uit te wis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa