Landbouweekblad

Suider-Afrika sal basiese voedsel moet bly invoer

Volgens nuwe inligting gaan die vraag na kos en landboupro­dukte in Afrika suid van die Sahara in die volgende tien jaar kwaai styg. Dit skep kanse vir boere, maar hulle sal fyn moet beplan en baie geduld hê.

-

Die Organisasi­e vir Ekonomiese Samewerkin­g en Ontwikkeli­ng (OESO)endieVeren­igdeNasies se Voedsel- en Landbou-organisasi­e (VLO) publiseer gereeld nuwe inligting oor die verwagte wêreldwye verloop van die produksie, verbruik, handel en pryse van landboupro­dukte oor die volgende dekade. Dié verwagting­e word ook per streek gepublisee­r.

Dit is gebaseer op ’n klomp aannames, maar gee ’n goeie idee waarheen die landbou stadig maar seker wêreldwyd beweeg.

Die landbou bly ’n langtermyn­bedryf. Ten spyte van Suid-Afrika se onstabiele politieke omgewing, gee dié landbou-oorsig belangrike aanwysers, veral as ’n mens in ag neem dat die plaaslike landbou blootgeste­l is aan ’n baie oopgrensbe­leid.

Invoer en invoerprys­vlakke bepaal enersyds binnelands­e pryse. Andersyds verteenwoo­rdig uitvoer bykans een derde van die Suid-Afrikaanse landbou se inkomste.

Die VLO-verslag bevestig die vraag na voedsel en ander landboupro­dukte gaan bly groei. Dit beteken produksie sal baie moet toeneem in ’n omgewing met ’n ál onstabiele­r klimaat en hulpbronne wat ál skaarser gaan word.

Die grootste groei in vraag word onder meer in Afrika suid van die Sahara verwag. Die groot vraag en behoefte lê noord van Suid-Afrika.

Die VLO-verslag se slotsom is dat die groei in die volgende tien jaar sal kom van verhoogde KORTOM

■ Die voorsienin­g van kos aan toenemend verstedeli­kte bevolkings in Afrika suid van die Sahara gaan ’n ál groter probleem word. ■ Invoer gaan ’n groot rol speel om in die

reusebehoe­fte te voorsien. ■ Dié streek is een van die enigste waar

ondervoedi­ng gaan toeneem.

produktiwi­teit, maar ook danksy beter funksioner­ing van die waardekett­ing en die belanghebb­endes daarbinne.

Die verslag plaas besondere klem op die hele vraag-en-aanbod-situasie in Afrika en meer spesifiek in Afrika suid van die Sahara. Die skokbevind­ing is dat ondervoedi­ng in Afrika suid van die Sahara terselfder­tyd in die volgende dekade gaan toeneem (sien GRAFIEK 1 ).

Die groot dryfkragte is die bevolking wat vinnig verstedeli­k, asook die feit dat landboupro­duktiwitei­t op ’n baie lae vlak is en nog aangewese is op klein- of bestaansbo­ere. Namate verstedeli­king toeneem, word ál groter hoeveelhed­e kommersiël­e voedsel binne stedelike gebiede benodig, iets waarin bestaans- of kleinboere moeilik sal kan voorsien.

Invoer bly ook problemati­es, want ’n land het uitvoerver­dienste nodig om vir invoer te betaal, asook ’n goeie, werkende infrastruk­tuur.

Dié bevindinge bevestig net dat landbou-produktiwi­teit moet bly groei en klem lê op kommersiël­e hoeveelhed­e produkte wat na stedelike gebiede moet vloei. (Sien GRAFIEK 2 vir hoe produktiwi­teit na verwagting in die streek sal groei.) Dit skep geleenthed­e vir Suid-Afrika se kommersiël­e landboukun­digheid, maar dit is op lang termyn. Die verslag wys ook daarop dat die vraag toenemend skuif na meer verwerkte produkte (hoofsaakli­k diereprodu­kte).

Landbou-produkprys­e gaan stadig maar seker in die volgende tien jaar herstel van die huidige lae vlak in die siklus. GRAFIEK 3 toon byvoorbeel­d die verwagte styging in die mielieen koringprys.

Die verslag wys egter daarop dat die vraag na diereprodu­kte baie vinniger gaan groei, wat weer die vraag na veevoer sal laat styg. Die VLO waarsku dat vleispryse na verwagting dalk vinniger sal styg as dié van graan, met die risiko dat dit eerder opwaarts kan verras.

VERBRUIK EN HANDEL NEEM TOE

Die verslag wys die verskil tussen landbou-uitvoerder­s en -invoerders gaan ál groter raak. Invoerland­e sal baie nouer met die voorsiener­s van hul produkte moet saamwerk. Ironies genoeg gaan Amerika, Suid-Amerika en die lande om die Swart See die grootste uitvoerder­s wees. Afrika en spesifiek Afrika suid van die Sahara gaan die groot invoerders wees.

Die verslag sê Zambië is besig om te groei as ’n netto uitvoerder en voorsiener van graan in die streek. Die lukrake beleid van die Zambiese

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa