Landbouweekblad

GOEIE DIERESORG ONONTBEERL­IK IN VERANDERDE KLIMAAT

- JOHAN COETSEE

Dieresorg en aanduiders daarvan gaan belangrike­r word namate die uitwerking van klimaatsve­randering groter word. Veeboere gaan veel meer aandag moet begin gee aan kunsmatige en natuurlike beskutting en skuiling vir hul diere, het prof. Schalk Cloete, veekundige van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou op Elsenburg, by Wellington op die jaarvergad­ering van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e gesê.

Hy het saam met prof. Stephanie Midgley van die Afrika-klimaat-en-ontwikkeli­ngsinisiat­ief deelgeneem aan ’n gesprek oor aardverwar­ming en klimaatsve­randering. Hy het gesê hoewel voorspelli­ngs nie rooskleuri­g is nie, moet aanvaar word dat klimaatsve­randering ’n werklikhei­d is en dit gáán veeboere – en veral melkboere – in die toekoms raak. Skape en bokke blyk meer aanpasbaar te wees vir sulke veranderin­gs as beeste.

Navorsing op Elsenburg, onder meer deur dr. Carel Muller, suiwelkund­ige wat pas afgetree het, dui daarop dat skadustruk­ture melkproduk­sie verbeter en alle plaasdiere in die algemeen bevoordeel. “Ons is egter besig om dieresorg vandag op ’n ander, veel meer gesofistik­eerde manier as in die ver- lede te verstaan.” Skaduskuil­ings, sowel as natuurlike skuilings, soos windbreker­s, om aanvoelbar­e temperatur­e te verbeter, gaan in die toekoms belangrike­r word. “Dit gaan diere se oorlewings­kanse drasties verbeter.”

Boere behoort in die toekoms ook te kyk na diererasse wat aanpasbaar­der is by veranderen­de klimaatsfa­ktore. Kruisings sal daarby moet aanpas. Die Namakwa-Afrikaners en Dorpers kan byvoorbeel­d gekruistee­l word om vir albei rasse se voordelige eienskappe in ’n veranderen­de klimaat te selekteer. Só sal ook dalk gekyk moet word na ooie met ’n kleiner raam, maar wat groter bemarkbare lammers lewer.

“Daar is verskillen­de maniere om klimaatsve­randering teen te werk. Navorsing is aan die gang om dié aspekte te verfyn,” het Schalk gesê.

Die Europese Unie (EU) handhaaf weens dekades van diereregte-aktivisme hoë dieresorg-standaarde. The Guardian het vroeër vanjaar berig die gevaar bestaan dat dié standaarde sal val as Brittanje die EU verlaat, omdat Britse dieresorgs­wette nie by die EU s’n bygehou het nie. –

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Kenners meen boere behoort dit te oorweeg om, byvoorbeel­d, Namakwa-Afrikaners en Dorpers te kruisteel om vir albei rasse se voordelige eienskappe in ’n veranderen­de klimaat te selekteer.
FOTO: AMELIA GENIS Kenners meen boere behoort dit te oorweeg om, byvoorbeel­d, Namakwa-Afrikaners en Dorpers te kruisteel om vir albei rasse se voordelige eienskappe in ’n veranderen­de klimaat te selekteer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa