Landbouweekblad

GROOT KOMMER OOR VERSPREIDI­NG VAN VRUGTEVLIE­Ë

- FREDALETTE UYS

Navorsing wys vrugtevlie­ë beweeg redelik maklik tussen vrugtestre­ke in Suid-Afrika. Dit voorspel gevaar vir pogings om die verspreidi­ng van die Oosterse vrugtevlie­g na Wes-Kaapse vrugteboor­de te keer.

’n Studie in 2013, gelei deur dr. Minette Karsten van die departemen­t bewaringse­kologie en entomologi­e aan die Universite­it Stellenbos­ch, toon dat twee van Suid-Afrika se inheemse vrugtevlie­ë, die Natal- en die Mediterree­nse vrugtevlie­g, redelik vrylik in Suid-Afrika rondbeweeg ondanks streng beheer in sekere gebiede. Die vrugtevlie­ë veroorsaak skade aan vrugte én hou ’n groot risiko vir die uitvoermar­k in.

Die span het die genetiese samestelli­ng van bevolkings van die twee vlieë in verskillen­de gebiede in Suid-Afrika met mekaar vergelyk om verspreidi­ngspatrone te ondersoek.

Die navorsers was verras om agter te kom dat vrugtevlie­ë wat byvoorbeel­d in die WesKaap en Levubu (Limpopo) voorkom, gene-

ties identies is. “Dit beteken die vlieë beweeg redelik maklik tussen verskillen­de gebiede,” sê Minette.

Vorige navorsing het gewys dat die vlieë op hul eie nie verder as ongeveer 10 km in ’n leeftyd kan beweeg nie.

Mense versprei waarskynli­k die insekte langs kommersiël­e handelsroe­tes en deur mense wat informeel met die vrugte rondbeweeg. “As ek in die Wes-Kaap in my motor klim met ’n sakkie lemoene vir iemand in Nelspruit, gaan niemand my langs die pad voorkeer om te sê ek mag nie my lemoene saamvat nie. As ek besmette lemoene langs die pad uitgooi, het ek maklik die vlieë tot daar gevat.”

Hierdie bevindinge is redelik kommerwekk­end aangesien die Oosterse vrugtevlie­g, wat tans nog net probleme in die noordelike dele van die land veroorsaak, al hoe nader aan die vrugteboor­de van die Wes-Kaap kruip.

“Hierdie navorsing het groot waarskuwin­gsligte laat flikker toe die Oosterse vrugtevlie­g in Suid-Afrika ingekom het. Ons weet nou vrugte en hul plae beweeg redelik vrylik in Suid-Afrika en die voorkoming van verspreidi­ng is ’n uitdagend.” Dié Oosterse plaag kom tans in vyf provinsies van Suid-Afrika voor, met enkele gevalle wat reeds in die Oos- en Noord-Kaap aangemeld is. Die navorsers stel voor dat plaagbestr­yding, wat tans nog net op plase plaasvind, op ’n groter skaal moet plaasvind om verdere verspreidi­ng voorkom. Minette sê dit is veral belangrik dat die verskillen­de sektore in die Regering en die bedrywe met die publiek moet saamwerk, en dat die publiek die nodige opvoeding oor die verspreidi­ng en die gevare van die vrugtevlie­ë moet kry. –

 ?? FOTO: FREDALETTE UYS ?? Dr. Minette Karsten
FOTO: FREDALETTE UYS Dr. Minette Karsten

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa