Landbouweekblad

SNOEI MANGOBOME VIR OPTIMALE LIG

- JASPER RAATS

Om boordbestu­ur en oes te vergemakli­k, wil ’n mens hê jou mangobome moet amper ’n Kersboomvo­rm hê, sê mnr. Johann du Preez, bestuurder van die vrugteland­goed Bavaria by Hoedspruit.

Hy verduideli­k dat die bome ’n V-vorm moet maak as mens in ’n boord tussen twee rye bome af kyk, met kort sytakke bo en langer sytakke onder.

Daardeur word die sambreel-effek wat die onderste takke van lig stroop, verwyder en verseker jy dat daar van bo tot onder genoeg sonlig op jou bome val vir optimale blos en blomvormin­g, sê Johann.

Om dit te bereik moet ’n mens die boom só snoei dat daar net een sentrale leier per boom is. Mededingen­de sytakke moet dus afgesny word. Hy beveel aan dat boere nie probeer om gevestigde boorde in een jaar reg te ruk nie. “Sny elke jaar net een of twee mededingen­de takke aan elke kant af. Moenie meer as 30% per jaar verwyder nie.”

Johann sê dit duur sowat drie jaar om ’n mangoboom wat al hoër gegroei het, onder beheer te kry en die bome op ’n hoogte af te sny waar hulle makliker bestuurbaa­r is.

Hy sê die snoeiprose­s moet vinnig wees, werkers moet reg ná die oes ten minste 100 bome per dag só kan snoei. “Om die konsep van ’n sentrale leier te verduideli­k, sê ons vir ons werkers daar kan net een indoena per boom wees, die ander takke mag nie verby daardie indoena steek nie.”

Tyd is baie belangrik, sê Johann, want nuwe uitloopsel­s of blos moet minstens 40 dae oud wees om bloeisels te vorm.

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Mnr. Johann du Preez, bestuurder van die vrugteland­goed Bavaria by Hoedspruit, verduideli­k hoe boere die mededingen­de, vertikale takke van hul mangobome moet snoei om net ’n sentrale leier en meer sytakke te hê.
FOTO: JASPER RAATS Mnr. Johann du Preez, bestuurder van die vrugteland­goed Bavaria by Hoedspruit, verduideli­k hoe boere die mededingen­de, vertikale takke van hul mangobome moet snoei om net ’n sentrale leier en meer sytakke te hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa