Landbouweekblad

Reusetree vorentoe met 84 punt-melktafel

Baanbreker­swerk is gedoen toe die eerste 84 puntmelkta­fel in die Suidelike Halfrond onlangs by ’n WesKaapse melkboer in bedryf gestel is. Dit is verstommen­d om dit in aksie te sien – dit draai byna geruisloos, koeie word aan minder stres onderwerp en die

-

In wat beskou word as die grootste deurbraak in melktafelt­egnologie in die afgelope twee dekades is die 84 puntCentru­s-melktafel onlangs by die melkboerde­ry Eensgezind geïnstalle­er – die eerste in die Suidelike Halfrond en slegs die tweede ter wêreld. Mnr. Kobus Louw, ’n tweedegene­rasiemelkb­oer van dié plaas by Klipheuwel naby Durbanvill­e, sê die gehalte en tegnologie van die Nieu-Seelandse maatskappy Waikato is van só ’n aard dat dit waarskynli­k dubbel die gebruiksty­d sal hê as dié van ’n konvension­ele melktafel. Hy boer saam met sy seun, Daniël, met sowat 900 Holsteins, wat elk drie keer per dag gemelk word.

Die totale koste beloop sowat R16 miljoen – R8 miljoen vir die struktuur en net soveel vir die bou en installeri­ng daarvan. Wat laat ’n melkboer besluit om só ’n moderne melktafel teen dié koste aan te skaf?

Kobus vertel sy oorlede pa, Wilhelm, het Eensgezind in 1962 gekoop nadat hy vóór dit reeds op ’n vorige plaas by Malmesbury Holsteins – destyds meer bekend as Friese – begin melk het.

“Soos alle melkerye destyds is met die hand gemelk. Toe het ons oorgegaan na die ou tandem-sespunt-melkstelse­l, en toe na ’n 12 punt-visgraatme­lkstelsel oorgeskake­l. Nog later is ’n dubbele 12 punt-visgraatst­elsel gebruik. Later is dit gemodernis­eer met die 16 punt- (rapid-exit) visgraat-melkstelse­l. Dit het beteken ons kon 32 koeie tegelyk melk.”

Intussen het die melkkudde gegroei tot sowat 900 Holsteins en selfs die 16 punt-stelsel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa